menu
Blog inskrywings

HY HET OPGESTAAN!

Deur Benescke Janse van Rensburg   Met die eerste sonstrale daardie Sondagoggend was Maria Magdalena en nog vroue op pad na die tuingraf. Hulle wou Jesus se liggaam met kruie en speserye gaan versorg. Meteens het hulle in hul voetspore gevries. Bo-op die rots wat weggerol was voor die graf, het ’n engel van God […]

Paasfees 2019

Deur Benescke Janse van Rensburg   “Mayday, mayday…” Dít was die noodroep van die beangste Britse vlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy en sy span was op ’n missie uitgestuur om bomme oor Duitsland af te gooi. Die weermag op die grond het egter die vliegtuig en bemanning getref en hulle was vinnig besig om […]

Het jy die reeks, geniet, gee gerus terugvoer!

Het jy die laaste reeks geniet, gee gerus terugvoer by benescke1@gmail.com.

DAG 20: LIEFDE IS OM TE BLY HOOP

DAG 20: LIEFDE IS OM TE BLY HOOP Deur Benescke Janse van Rensburg   ’n Tyd gelede was ’n gesin met twee klein kindertjies op pad huis toe, toe hulle in ’n motorongeluk beland. Die ma is op slag dood. Meteens moes die pa, as wewenaar, die twee klein kleuters alleen grootmaak.   Was daar […]

DAG 19: KEN JY DIE HELPER SE STEM?

Deur Benescke Janse van Rensburg Op 27 Januarie vanjaar het duisende atlete in Port Elizabeth vir die jaarlikse 70.3 Ysterman-kompetisie aangemeld. Tussen hulle was Cornel Botha en David Jones. Wat dié twee atlete se storie uniek maak, is dat David vir Cornel volkome moes vertrou om hom te begelei deur die 1,9km-seeswem, 90km-fietsry en 21,1km-draf […]

Dag 18: Hy dra ons in dor tye…

Deur Benescke Janse van Rensburg   Met ’n gemiddeld van 0,76 mm-reënval per jaar, word die Atacama-woestyn in Chili, Suid-Amerika, as een van die droogste plekke ter wêreld gesien. Sommige areas in die woestyn het vir 400 jaar lank geen reën gekry nie. Vir NASA is dié droogtetoestande ideaal om navorsing te doen vir sendingreise […]

Dag 17: Wat het jy om te gee?

Deur Benescke Janse van Rensburg Verlede week het ek ’n storie van ’n 16-jarige seun, Dewald van der Merwe van Stilbaai geskryf. Hy het sy eie lewe gewaag toe hy met sy lyfbord die see-in is om een van die twee bejaarde sendelinge te red nadat hulle in ’n gevaarlike seestroom beland het. Na afloop […]

Dag 16: Is iets vir Hom onmoontlik?

Deur Benescke Janse van Rensburg   Vir 10 jaar lank was Katie Renshaw van Brittanje in ’n rolstoel vasgekluister. Met haar serebrale verlamming het dit gedink dat dít heel moontlik haar lot in die lewe sou wees. Drie jaar gelede het sy egter ’n 9-uur-lange operasie ondergaan om haar voete en bene reguit te maak. […]

Dag 15: Het jy al iets waardevol verloor?

Deur Benescke Janse van Rensburg   Die 15-jarige Koben Hofmeyr van Louis Trichard was ’n top sportman. Nie net op die atletiekbaan nie, maar hy het ook as kaptein van die 0/16 rugbyspan vir sy skool uitgedraf. Van die buitekant af het alles perfek gelyk. Binne hom was daar egter frustrasie weens die verbrokkeling in […]

DAG 14: HY HOOR ONS NOODKREET. . .

Deur Benescke Janse van Rensburg   Die afgelope Sondagoggend rondom 10:30 het Yolanda Oosthuizen (53) en Anne Tait (67), twee sendelinge van Skotland wat in Suid-Afrika kuier, by Lappiesbaai by Stilbaai gaan swem. Binne minute het hulle in ’n sleurstroom beland wat hul al dieper die see-ingetrek het. Toe Yolanda sien dat Anne nie meer […]