menu
Blog inskrywings

Dag 13: Geloof is om te gebruik wat in jou hand is

Deur Benescke Janse van Rensburg   Stan Jerling, ’n 74-jarige afgetrede boer van Hennenman, wat deesdae herstelwerk aan windpompe doen en boorgate skoonmaak, het verlede jaar die opdrag gekry om ’n windpomp op Vanderbijlpark af te takel en te herstel. Dit sou ’n groot werk wees wat swaar masjinerie benodig. Aangesien hy ook ’n sleepwaentjie […]

Dag 12: Geloof … is om God se goedheid te proe

Benescke Janse van Rensburg   In aanloop tot Vadersdag gister het my 5-jarige een behoefte gehad: Sy wou vir pappa ’n koek bak. Nie enige koek nie, ’n reënboog koek! Dit beteken vier lae koeke bo-op mekaar met versiersuiker tussen-in en ook bo-oor alles.

Dag 11: Geloof… al kos dit alles

Benescke Janse van Rensburg   Die trompet het geblaas en die nasie het gebuig – insluitende die koning en al die leiers van die land. Net drie mans het bly staan. Sadrag, Mesag en Abednego. Dít het die koning woedend gemaak. Hy het die drie mans ingeroep. Hulle moes ’n verhouding gehad het, want dit […]

Dag 10: Geloof is vertroue in God

Deur Benescke Janse van Rensburg   Vandag gaan ek ’n kort stukkie skryf. Een teksvers. Lees dit. Oordink dit. En vra God om jou deur sy Heilige Gees te wys hoe dit van toepassing in jou lewe is.

Dag 9: Geloof is om God te soek – méér as sy beloftes

Benescke Janse van Rensburg   In die Sinaiwoestyn was die Israeliete kwaad. Mismoedig. Verward. Hulle het die belofte gehad dat God hul na ’n beloofde land sou lei, maar hier was hul vasgevang in die woestyn. Soos moedswillige, stout kinders het hulle gekla. Hulle was moeg vir manna en kwartels. Hulle het van al die […]

Dag 8: Geloof is om ontslae te raak van sekere dinge

  Benescke Janse van Rensburg   In 2016 het ’n Chinese gesin vir hul dogtertjie ’n hondjie as troeteldier gekoop. Groot was hul verbasing toe die “hondjie” elke dag ’n hele boks vrugte en twee bakke noedels begin verorber. Nog groter toe die “hondjie” op sy agterpote begin loop. Wat die gesin nie besef het […]

Dag 7: Geloof is om te soek vir die goeie

Deur Benescke Janse van Rensburg Al ooit gehoor van Koku Istambulova? In ’n onlangse nuusberig word dié Russiese vrou op 128-jarige ouderdom as die wêreld se oudste vrou gereken. Mens sal dink dat Koku dankbaar is vir haar lang lewe. Die teendeel is egter waar. In ’n onderhoud noem sy dat sy nog nie een […]

Dag 6: Geloof is om God vir die bonatuurlike te vertrou

  Benescke Janse van Rensburg  Vyf weermagte wat op pad is om ’n stad in te val. Die son en maan wat stilstaan. En God wat die eer kry. Dít klink amper soos ’n lokprent vir ’n aksiefliek. Tog, dít is waarvan ons in Josua 10 lees.

Dag 5: Geloof sonder werke is dood

Deur Benescke Janse van Rensburg ’n Onlangse gesprek met ’n weduwee het my hart geraak. Sy het vertel dat sy op haar man, wat in ’n motorongeluk gesterf het, se begrafnis iets interessant van hom ontdek het. ’n Onbekende vrou het na haar gestap, haar aan die arm gevat en haar bedank vir wat haar […]

Dag 4: Geloof is om God vir sy beste te vertrou

Benescke Janse van Rensburg ’n Paar jaar gelede het ’n soldaat in Lebanon by ’n gebreklike vrou op straat gestop en vir haar water aangebied om te drink. Hierdie vrou, Fatima Othman, het die gebruik van haar bene en hande verloor nadat sy in die Libanese Burgeroorlog beseer is. Sy was nou ’n bedelaar. ’n […]