menu
Blog inskrywings

Dag 11: Vreesloos vorentoe al verloor jy alles

Benescke Janse van Rensburg   Agtergrond: Was jy al ooit bang dat jy soos Job iets sou verloor wat vir jou geweldig spesiaal is? Sal jy God aanhou loof en prys al maak jou verlies nie sin nie? Een van die lesers, Annelene Van Wyk van Zastron in die Vrystaat, het vroeër die getuienis aan […]

Dag 10: Vreesloos in uitdagende oomblikke

Benescke Janse van Rensburg   Verlede Vrydagoggend tydens spitsverkeer was Amanda Fojo, ’n Kaapstadse verkeerspolisiebeampte besig om ’n boete vir ’n taxibestuurder uit te skryf. Meteens het ’n ander motoris aangedui dat sy Amanda se hulp dringend benodig. Amanda het nadergestap en geskok besef dat die motoris in kraam is. Haar versoek was dat Amanda […]

Dag 9: Vreesloos in vrede

  Benescke Janse van Rensburg   ’n Paar weke gelede het Kalifornië in Amerika, net soos Knysna vroeër vanjaar, een van die ergste brande in dekades beleef. Reddingswerkers het gesukkel om die sowat 8442 aangemelde brande onder beheer te kry. Honderde mense het hul huise verloor en 42 mense hul lewens.

Dag 7: Vreesloos vorentoe as sy instrument

Deur Benescke Janse van Rensburg   ’n Vloot van 31 goudgeel trokke, gevul met 1500 oulandsgras het eergister uit Delmas, Mpumalanga vertrek. Die eindbestemming van hierdie geskenk is die boere in die Wes-Kaap wat gebuk gaan onder wat gereken word as die ergste droogte in 100jaar.

Dag 6: Vreesloos omdat Hy jou dra

Deur Benescke Janse van Rensburg   Agtergrond: ’n Leser skryf vroeër in ‘n e-pos aan my: “Benescke, my lewe is besig om uitmekaar te val omdat die man in my lewe ontrou aan my was. Ek is stukkend en huil myself aan die slaap. Gaan ek nou alleen oud word? In dié stadium sukkel ek […]

Dag 5: Vreesloos omdat Hy ons beskerm

Benescke Janse van Rensburg   Twee videogrepe het my onlangs lekker laat lag. In een van die video’s stap ’n Chinese toergids vol selfvertroue met sy vlag in die hand op die East Taiheng glasbrug, net om die volgende oomblik vreesbevange op die grond rond te kruip. ’n Groep ingenieurs het op een plek langs […]

Dag 4: Vreesloos in droë tye

Benescke Janse van Rensburg   ’n Boer van Garies, Gert Sarrisam en ’n predikant van Laingsburg, Mias Nortier. ’n Maand gelede was beide moedeloos, plat teen die grond. Vir boer Gert was dit moeilik om positief te bly terwyl sy plaas al kaler word en die vee al maerder in wat gereken word as die […]

DAG 3: HOEKOM OM NIE TE VREES NIE

Deur: Benescke Janse van Rensburg   ’n Potjie skaak, ’n boksgeveg, ’n tenniswedstryd en selfs ’n sokkerwedstryd. In enige van dié sportsoorte, is dit meestal die individu of span met die beste strategie wat as die wenners uit die stryd tree. Om só strategie saam te stel, hou opponente mekaar dop. Hul ontleed mekaar se […]

Dag 2: Hoe word ek “leeg” van vrees?

Benescke Janse van Rensburg   Wou jy al ooit vinnig ’n foto neem net om te besef dat jou foon so vol is dat dit nie meer foto’s wil neem nie? Dit is frustrerend. Sodra jy dan genoeg ou foto’s afgevee het om nuwes te neem, is die oomblik waarin jou kind of kleinkind of […]

Dag 1: Vreesloos omdat Hy leef

Benescke Janse van Rensburg Maandagoggend het ’n klomp Suid-Afrikaners  swart aangetrek. Sommige het dit gedoen met ’n hart gevul met vrees, haat en bitterheid. Ander omdat hulle wou standpunt inneem en sê: “Genoeg is genoeg.” En dan was daar diegene wat swart én wit gedra het om te kenne te gee dat hulle in hul […]