menu
Blog inskrywings

DAG 7: NUWE HOOP… IN GOD SE WOORD

Die gholfbal en die Bybel. Wat het hierdie twee uiteenlopende dinge in gemeen? 

DAG 6: NUWE HOOP… MET ’n NUWE PERSPEKTIEF OP 2013

’n Nederige, goeie vrou het op ’n dag huilend by die rabbi in haar gemeenskap opgedaag. Toe die rabbi gaan sit om na haar te luister, het sy dadelik weggeval: “Rabbi, ek en my man en my kinders moet in een vertrek leef en ons val behoorlik oor mekaar se voete. Ek kan dit nie […]

DAG 5: NUWE HOOP … AS JY OP HOOPVERLOOR SE VLAKTE STAAN

In Oktober verlede jaar het Harry Vermaak, ’n trokbestuurder van die Oos-Kaap vroegoggend uit Port Elizabeth na Plettenbergbaai vertrek. Rondom 02:00 het hy die Van Stadensbrug gekruis. Toe hy die enkele voertuig op die brug sien staan het hy onmiddellik onraad bemerk. Hier is Harry se getuienis:

Dag 4: NUWE HOOP … MET BETER VRIENDSKAPPE IN 2013

Die geweervuur het steeds in die vêrte opgeklink toe die soldaat uitasem voor die Luitenant gaan staan. “Luitenant, my vriend het nie uit die gevegsone teruggekeer kamp toe nie. Ek dink hy is gewond. Ek vra verlof om hom te gaan haal.”

DAG 3: NUWE HOOP… OMDAT GOD JOU DIEPSTE HARTSBEGEERTES KEN

Die sesjarige Kelly-Bianca Holmes het grootoog die groep mense dopgehou wat besig was om meubels van die trokkie voor hulle woonstel af te tel. Vir die eerste keer in ’n lang tyd sou sy, haar twee broers en haar pa daardie aand nie op ’n dubbelgevoude kombers as matrasse op die vloer van hulle eenslaapkamer […]

DAG 2: Nuwe hoop … sonder donker geheime

Gister was ’n groot dag vir die wêreldbekende fietsryer, Lance Armstrong. Het hy ná maande sy beweerde gebruik van opkikkers erken of steeds aangehou om dit te ontken? Dié antwoord sal egter eers bekend word wanneer die eerste TV-onderhoud wat hy gister aan Oprah Winfrey toegestaan het, Donderdagaand uitgesaai word.

DAG 1: NUWE HOOP VIR 2013

Ek lees onlangs van ’n navorsingstudie wat op mense gedoen is wat die Joodse konsentrasiekamp oorleef het. Die doel van die studie was om te bepaal of daar enige gemeenskaplike faktore onder die groep oorlewendes was, aangesien geweldig baie mense in die kampe gesterf het. Die interessante bevinding: Al die mense wat oorleef het, het […]

Verwyder die spinnekoppe uit jou lewe

Ek hou niks van spinnekoppe nie. Nié van kleintjies, groottes of enige unieke soort spesies nie. Dit is vir my grillerig – en dit is daarom te verstane dat ek ’n meter in die lug opspring elke keer as ek en ’n groot harige reënspinnekop uit ons tuin in mekaar vasloop.

‘n Les uit die kombuis

Soms leer mens die waardevolste lesse in die kombuis – selfs al is jy soos ek nie ’n groot kok nie. ’n Week gelede koop ek vir die eerste keer ’n gemarineerde ontbeende hoender. Dit lyk sappig in die pakkie en te mete aan die aanwysings agterop (uiters belangrik vir my) klink dit na ’n […]