menu
Blog inskrywings

DAG 14: NUWE HOOP… WANNEER ONS GOD EERSTE STEL

Kom saam met my terug in tyd na die jaar 1372 v.C. Ons is in die beloofde land, Kanaän. Die volk van Israel het op versoek van hulle 110-jarige leier, Josua in die dorpie, Sigem bymekaargekom waar hy namens God met hulle gaan praat.

DAG 13: NUWE HOOP… IN TYE VAN VERLIES EN HARTSEER

Aan die begin van die jaar gesels ek met ’n vrou wie se skoonheid en sprankelende persoonlik my altyd inspireer. Dié keer was haar sprankel weg en ek het gewonder wat aangaan. Geskok moes ek uitvind dat haar seun, wie einde verlede jaar sy matriekeindeksamen afgelê het, kort voor Kersfees in ’n motorongeluk gesterf het […]

DAG 12: NUWE HOOP … OMDAT SY GENADE VIR ONS GENOEG IS

Verskeie lesers het na Vrydag se getuienis waarin Corlia getuig het hoe God hulle huwelik gered het, vir my e-posse gestuur.

DAG 11: NUWE HOOP… OM DIE WÊRELD TE VERANDER

Droom jy daarvan om ’n verskil in jou omgewing en in ons land te maak? En as jy vandag sou sterf, sal jy trots wees op jou nalatenskap?

DAG 10: NUWE HOOP … VIR ’n GEBROKE HUWELIK

Verskeie lesers het oor die afgelope paar dae geskryf dat hulle huwelike tans deur ’n moeilike tyd gaan. Sit jy ook in so situasie? Hier is Corlia du Plessis se getuienis wat kan help:

DAG 9: NUWE HOOP … WANNEER JY ’n VREDEMAKER WORD

Ná gister se gedeelte oor vergifnis het heelwat lesers weer vrae ingestuur oor die tema. Ek beantwoord graag hierdie een: Vraag: “Hoe moet ek my eie woede en ook iemand anders se woede teenoor my beter hanteer? Ek besef dit verhoed dat ons vrede maak?”

DAG 8: NUWE HOOP… MET VERGIFNIS

’n Hele paar lesers het oor die afgelope paar dae gevra dat ek iets oor vergifnis moet skryf. Hier is ’n paar vrae uit die e-posse wat ek ontvang het:

DAG 7: NUWE HOOP… IN GOD SE WOORD

Die gholfbal en die Bybel. Wat het hierdie twee uiteenlopende dinge in gemeen? 

DAG 6: NUWE HOOP… MET ’n NUWE PERSPEKTIEF OP 2013

’n Nederige, goeie vrou het op ’n dag huilend by die rabbi in haar gemeenskap opgedaag. Toe die rabbi gaan sit om na haar te luister, het sy dadelik weggeval: “Rabbi, ek en my man en my kinders moet in een vertrek leef en ons val behoorlik oor mekaar se voete. Ek kan dit nie […]

DAG 5: NUWE HOOP … AS JY OP HOOPVERLOOR SE VLAKTE STAAN

In Oktober verlede jaar het Harry Vermaak, ’n trokbestuurder van die Oos-Kaap vroegoggend uit Port Elizabeth na Plettenbergbaai vertrek. Rondom 02:00 het hy die Van Stadensbrug gekruis. Toe hy die enkele voertuig op die brug sien staan het hy onmiddellik onraad bemerk. Hier is Harry se getuienis: