menu
Boeke

God was daar

Te midde van uitdagende situasies vra ’n mens maklik: “Waar is God?” Dikwels besef ’n mens egter eers as ’n mens deur die storm is en terugkyk dat God die hele tyd dáár was. God was dáár is ’n reeks getuienisse van bekendes en gewone mense van God se teenwoordigheid in vreesagtige of vreugdevolle oomblikke.

Ontdek God in die stories van mense

Ontdek God in die stories van mense is 'n versameling ware verhale wat God se almag en ingryping in die lewe van sy kinders illustreer. Die boek is van A tot Z gerangskik sodat die leser God se karaktereienskappe makliker self kan ontdek. Die stories sluit in die herstel van gebroke verhoudings, finansiële deurbrake, genesing van siekte, bonatuurlike gebedsverhoring en vele ander areas. Die boek is ideaal vir gemeentestudie, huisgodsdiens, Bybelstudiegroepe en selgroepe.

Wysheid, oordenkings oor Spreuke

Wysheid, oordenkings oor Spreuke is die eerste titel in Lux Verbi se Bybelstudiereeks. Dit bestaan uit dagstukkies vir individue studie en Bybelstudiegroepe. In dieselfde trant as Ontdek God in die stories van mense behandel Benescke elke hoofstuk van Spreuke aan die hand van 'n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe.

Oorkom jou vrees

Oorkom jou vrees is die vierde boek in Lux Verbi se nuwe Bybelstudiereeks, Ontdek God in die Bybel. Hierdie nuwe boek fokus op die vele maniere waarop vrees die gelowige se lewe kan beïnvloed en hoe om hierdie verskillende vrese te oorkom. Benescke Janse van Rensburg behandel die vele fasette van vrees aan die hand van ’n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe. Oorkom jou vrees is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as 'n Bybelstudieboek vir groepe.

Hoop in tye van nood

Kort op die hakke van die eerste titel in die nuwe Bybelstudiereeks, Ontdek God in die Bybel, is daar nou ’n nuwe dagstukkieboek uit Benescke se pen. Hoop in tye van nood. Daaglikse oordenkings oor Psalms is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as ’n Bybelstudieboek vir groepe. In dieselfde trant as Ontdek God in die stories van mense behandel Benescke elke hoofstuk van Psalms aan die hand van ’n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe. Die eerste titel in die reeks was Wysheid. Oordenkings oor Spreuke.