menu

Bestel jou kopie vandag by my
of koop dit aanlyn by Takealot.com
Bestel by my Koop Aanlyn

Lees die eerste hoofstuk GRATIS!
Laai die PFD af
God was daar
August 17, 2016 - Benescke Janse van Rensburg

format_quoteTe midde van uitdagende situasies vra ’n mens maklik: “Waar is God?” Dikwels besef ’n mens egter eers as ’n mens deur die storm is en terugkyk dat God die hele tyd dáár was. God was dáár is ’n reeks getuienisse van bekendes en gewone mense van God se teenwoordigheid in vreesagtige of vreugdevolle oomblikke.format_quote

’n Amerikaanse gesin het eendag die Oregon-dieretuin in Portland, Amerika, besoek. Hier het hulle ’n video geneem van hulle klein seuntjie, Jack, wat rustig voor ’n dik veiligheidsglas sit en speel … terwyl Kya, een van die leeus in die park, met al haar mag deur die veiligheidsglas probeer breek om die kind te verslind. Al sien ons Kya se gevaarlike slagtande, is dit vir haar eenvoudig onmoontlik om by Jack uit te kom omdat die veiligheidsglas te dik is. In 1 Petrus 5:8 lees ons dat Satan, net soos Kya in die park, soos ’n brullende leeu rondloop op soek na iemand om te verslind. Die gedagte hieraan is genoeg om ons bevrees te laat – beangs oor lewensgevaar, oor die Satan wat ons bedreig, oor soveel onsekerhede in die lewe. In Psalm 91:4 skryf die Psalmdigter: “Die Here sal jou beskerm soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke beskerm, Hy bly dieselfde, Hy sal vir jou wees soos ’n skild, soos ’n sterk muur om ’n stad” (Die Bybel vir almal). Watter vrees dreig om jou te oorweldig? ’n Vrees vir jou toekoms, jou gesondheid, jou fi nansiële posisie, dat jou kontrak by die werk beëindig gaan word of dat jy alleen oud moet word? Onthou, Jesus het vir jou gesterf sodat jy in volkome vryheid kan leef. Kom ons herinner onsself hieraan wanneer ons lewens bedreig word en ook wanneer ons bang is oor wie God is. Wanneer Hy ’n veiligheidsglas rondom ons plaas, kan geen vyand ooit daardeur breek nie!

 

Gaan kyk gerus na die foto’s op Facebook.


Los jou kommentaar en laat weet my wat jy dink

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *