menu
Blog inskrywings

DAG 20: DANKBAAR DAT ONS LEEF!

Ek wil vandag die dankbaarheidsreeks afsluit deur jou van ’n klein held van my te vertel. Hy het in April vanjaar 9 jaar oud geword. Ten spyte van geweldige pyn en trauma wat hy al in sy lewe ervaar het, bly hy vol lewenslus en leef hy daagliks dankbaar. Sy naam is Ulrich van Pletzen.

DAG 19: DANKBAAR VIR JESUS SE HEMELVAART

Dit is stil behalwe ’n onderlangse gebrom in die vertrek waar die gelowiges agter ’n geslote deur bymekaargekom het. Hulle is bekommerd. Bang. Onseker oor hulle toekoms. Gaan hulle net soos Jesus vervolg word? Gaan hulle vermoor word? Hoewel niemand dit hardop noem nie, maal Jesus se woorde voor sy Hemelvaart deur hulle gedagtes: “Dit […]

DAG 18: DANKBAAR DAT GOD VOORSIEN

Dit was vroeg in Desember in 2011. Ek was steeds betrokke by die oggendskof op Radio Tygerberg en van ons kollegas het daardie oggend in Gansbaai gaan Haaihokduik. Deur die loop van die skof moes ons hulle bel om te hoor wat hulle op die boot beleef. Op die ingewing van die oomblik het ons […]

DAG 17: DANKBAAR VIR DIE MOEILIKE MENSE IN JOU LEWE

Dink vir ’n oomblik aan iemand in jou lewe wat die wêreld vir jou moeilik maak. Is dit jou huweliksmaat? ’n Knorrige kollega of bestuurder by die werk? ’n Kritiese skoonma? ’n Boukontrakteur wat nie by sy beloftes gehou het nie? Jou rebelse tiener? Of dalk die stadige of onverantwoordelike motoris wat vanoggend op pad […]

Dag 16: Dankbaar vir wysheid en leiding

Moet jy vandag belangrike besluite neem? Moet jy byvoorbeeld besluit of jy gaan trek of bly, van werk gaan verander of nie, gaan trou of nie, met ’n gesin begin of eerder wag, ’n groot belegging maak of liewer verby hou? Of moet jy dalk besluit hoe jy teenoor jou jou rebelse tiener gaan optree, […]

Dag 15: Dankbaar vir vandag

Het jy al in die strik getrap om so besig te raak met verganklike dinge in die lewe dat jy nie uitkom by wat eintlik belangrik is nie?

Dag 14: Dankbaar vir gebed

“Vir wat moet ons bid oor ’n saak as God klaar weet wat ons benodig?” vra iemand ’n tydjie gelede vir my. My vraag aan jou vandag: “Wanneer laas het jy met God oor jou uitdagings gesels en Hom spesifiek vir deurbrake gevra?”

Dag 13: Dankbaar vir God se getrouheid

God se Woord en beloftes staan vas. Hier is hoe Evert Potgieter, ’n leser uit Mosselbaai, God se getrouheid ’n paar dae gelede beleef het:

DAG 12: DANKBAAR VIR VREDE

In September 2008 het Orkaan Ike binne dertien dae deur Kuba, Haïti, die Dominikaanse Republiek en Amerika getrek. Die dodetal het op 195 gestaan en die skade is op $10 biljoen (sowat R100 biljoen) bereken. Van die gemeenskappe langs die kus in Texas is heeltemal deur die stormwinde en kragtige water uitgewis.

DAG 11: DANKBAAR VIR DIE STIL TYE

Heelwat lesers het oor die afgelope paar dae e-posse gestuur waarin hulle vertel dat hulle deur moeilike tye gaan. Een leser vra sommer prontuit: “Ek kan nie verstaan hoekom God nie my gebede beantwoord nie!” Beleef jy ook tans ’n “stiltyd” in jou verhouding met Hom?