menu
Blog inskrywings

Getuienisse van God se goedheid

Hier is enkele van die getuienisse wat ons deur die loop van die maand van die Vers-’n-Dag lesers ontvang het:  

Dag 20: Nader tot God, want Hy wag reeds op ons

Die Skotse dokter, John Baillie vertel in sy boek, And the life everlasting, van ’n dag wat hy langs ’n sterwende vriend se bed in dié se huis gewaak het. In ’n stadium het sy vriend na hom gedraai met die woorde: “John, jy is ’n geleerde gelowige . . . Wat wag op my […]

Dag 19: Nader tot God in vas en gebed

’n Tydjie gelede het ek ’n gesprek oor die waarde van vas en gebed op my radioprogram gehad. Daar was interessante reaksies. Een luisteraar het gesê dit is oudtyds en nie meer van toepassing nie. Die oorgrote meerderheid van luisteraars het egter getuig dat hulle God se teenwoordigheid in hulle lewens opnuut tydens ’n vastydperk […]

Dag 18: Nader tot God in droogte seisoene

Een van die lesers skryf vroeër die week in ’n e-pos: “Help asseblief die boere hoe om in droogte te bid en te dink. Dit is nie ’n eenmalige gebeurtenis nie en sommige is in situasies wat hulle, hul plase kan verloor as die reën wegbly.”

Dag 17: Nader tot God deur ’n beskikbare instrument in sy hand te wees

Daar tref een van daardie ongemaklike situasies my die naweek wat ouers te alle tye wil vermy! Na afloop van ’n uitstappie na die winkelsentrum was ek besig om my bykans 2-jarige dogtertjie, Joalé agterin die motor vas te maak, toe ek die motorsleutel op die voorste sitplek neersit om dit nie later te soek […]

Dag 16: Nader tot God in dankbaarheid

Vir wie vertel jy eerste as jy goeie nuus ontvang het? ’n Vriend of vriendin? Jou ouers? Jou huweliksmaat? Of sê jy eerste vir God dankie? Of dalk moet ek eerder vra: Onthou jy om Hom te bedank vir jou deurbrake?

Dag 15: Nader tot God in vreesagtige situasies (getuienis)

Het jy jouself al in ’n vreesagtige situasie bevind waarin slegs God jou kan help? Hier is ’n getuienis deur skrywer Carina Stander oor haar belewenis wat hul ’n paar jaar gelede gehad het:

Dag 14: Nader tot God in die werkplek

Staan jy op die punt om te bedank omdat jy nie langer jou onregverdige baas of onbeskofte kollega kan verdra nie? Sien jy steeds jou huidige werk as ’n genadegawe uit God se hand of het jy dit as vanselfsprekend begin aanvaar?

Dag 13: Nader tot God te midde van ’n versoeking

“Piep, piep…” Kan jy die muis in jou verbeeldingswêreld hoor? Jy sit regop, spits jou ore om weer te luister en meteens steier jy terug … jou hart mis ’n slag en jou nekhare staan penorent, want die piep-geluid het in ’n oorverdowende gebrul verander. Die muis het ’n draak geword, wat reg is om […]

DAG 12: Nader tot God in jou bekommernis oor jou geliefdes

Ná gister se stukkie het ek besef heelwat lesers sukkel met vrees en bekommernis oor hul geliefdes se welstand. Ek wil graag met jou ’n ervaring deel wat ek vroeër die jaar gehad het.