menu
Blog inskrywings

Dag 21: Nogtans sal ek jubel in my God

Baie dankie aan elke leser wat deur die loop van die maand terugvoer gegee het en getuienisse gedeel het van God se goedheid. Ek wil vandag die reeks met twee kort getuienisse afsluit wat bewys dat God, selfs in ons donkerste tye, dáár is:

Dag 20: Nogtans sal ek my nie bekommer nie

Vandag wil ek iets anders doen. Ek gaan drie teksverse gee en een “opdrag”.

Dag 19: Nogtans sal ek U prys

Met rukkende skouers en trane wat oor haar wange stroom, het Celeste Nurse vroeër die week in die Wes-Kaapse hooggeregshof aan regter John Hlope vertel van die oomblik toe sy, 19 jaar gelede, in die Groote Schuur-hospitaal, besef het dat haar drie-dae oue dogtertjie ontvoer is. Zephany is later “teruggevind” nadat haar biologiese suster, wat […]

Dag 18: Nogtans sal ek hoop behou

Het jy jouself al ooit in ’n situasie bevind waar dit gevoel het of die mat onder jou uitgeruk is? Jy kyk na jouself in die spieël en vind dit moeilik om te glo dat dit werklik jou lewe is. Dalk het jou krisis ’n gestremdheid, ’n egskeiding, ’n siektetoestand, ’n amputasie, ’n buite-egtelike verhouding, […]

Dag 17: Nogtans sal ek my lig vir Hom in die werkplek skyn

Een van die mees algemene onderwerpe wat uit lesers se e-posse na vore kom, is uitdagings in die werkplek. Hoe bly ’n mens positief en skyn jy God se lig in tye van onregverdige aflegging, ’n dissiplinêre verhoor teen jou of wanneer jy sukkel om werk te kry (al het jy reeds ’n klomp CV’s […]

Dag 16: Nogtans bly my oë op U, my Voorsiener

Oor die afgelope paar dae was daar heelwat lesers wat via hul e-posse vertel het dat hulle God tans vir ’n deurbraak of vir voorsiening vertrou. Hier is ’n uittreksel uit ’n e-pos wat my geïnspireer het, omdat die skrywer in geloof vasstaan te midde van ’n storm: “Vir die afgelope tien maande gaan dit […]

Dag 15: Nogtans sal ek sy genade en vergifnis aanvaar

Waar sy op die grond in die stof sit, stroom vars trane oor haar wange. Haar hart is gebroke. Haar hoop op ’n uitkoms uit die situasie, totaal vergete. Sy het ’n buite-egtelike verhouding gehad. En hoewel sy berou oor haar dade het, is sy skuldig en moet sy sterf.

Dag 13: Nogtans sal ek positief praat

In 2013 was die Sekondêre Skool Walmer, net buite die Kaapse middestad, se slaagsyfer vir die matriekeindeksamen slegs 50%. Die onderwysers het besef dat as hul nie iets daadwerkliks doen nie, die skool teen ’n afdraande pad was. Een van die onderwysers, Nandipha Mwezo, kom toe met ’n vreemde voorstel na vore: Elke nou en […]

Dag 12: Nogtans sal ek tot Hom nader

Op die markplein in Galilea, sluit die bleek vrou haar oë vir ’n oomblik, terwyl sy diep asemhaal. Haar duiseligheid dreig-dreig om haar te oorweldig. Reeds vir twaalf jaar lank bid sy vir ’n deurbraak. Vir genesing. Vir ’n lewe sonder bloedvloeiing. Sy het reeds al haar besittings verkoop om dokters te gaan spreek. Niemand […]

Dag 11: Nogtans sal Hy my beskerm

Ek kyk Vrydag na ’n foto in Die Burger van ’n eensame branderplankryer diep in die water naby Strandfontein, buite Kaapstad. Die fotograaf vertel dat hy vir bykans vyf minute bó die branderplankryer in sy girokopter gehang het om die foto te neem en dat hy in hierdie tyd bykans vyf haaie binne 100m van […]