menu
Blog inskrywings

Dag 12: Glo jy dat Hy steeds in beheer is?

Deur Benescke Janse van Rensburg   Drie nuusgebeure oor die afgelope paar dae het my geskok en diep laat dink. . .   Die voormalige Springbokrugbyspeler, Gysie Pienaar se 39-jarige dogter, René O’Ehley is Vrydag in ’n motorbotsing oorlede. Buiten vir haar man, laat sy ook haar 12-jarige dogter en 8-jarige seun agter. Verlede week […]

Dag 11: Vertrou jy Hom in die donker?

Deur Benescke Janse van Rensburg My 3-jarige dogtertjie het ’n bos donker krulhare. Alhoewel die hare pragtig is wanneer dit uitgekam is, sal enige ouer met ’n kleuter met krulhare verstaan dat die uitkam van dié koeke meestal ’n proses is. Dit vat lank! Gisteraand, net nadat haar hare gewas is, gereed om uitgekam te word, gaan die krag af. Beurtkrag. Nou […]

Dag 10: Glo jy soos ’n kind?

Deur Benescke Janse van Rensburg   Vroeër die week het ek hierdie e-pos van ’n Vers-n-Dag leser ontvang. Haar storie het my diep geraak en weer herinner dat ons moet glo soos ’n kind.   Marga: “Verlede jaar, ’n dag voor Valentynsdag, het ek mismoedig voor my dogtertjie se skool gestop. Daar was net R72.66 […]

Dag 9: God se liefde . . . maak ons vry

Deur Benescke Janse van Rensburg   Die markplein in Galilea was vol mense. Sommige het uit desperaatheid gekom. Ander uit nuuskierigheid. Vandag wou hulle kom kyk of die stories wat hulle van hierdie Jesus gehoor het die waarheid is. Êrens in die middel van die skare, het ’n bleek vroutjie stadig vorentoe beweeg. Vir 12 […]

Dag 8: Liefde is… om onvoorwaardelike liefde teenoor vyande te bewys

Deur Benescke Janse van Rensburg   Verlede jaar het ek die storie geskryf van Lee-Ann Abrahams, ’n petroljoggie van Bellville. Al was sy pas terug van kraamverlof, het sy met tye tot 16 uur skofte op ’n dag gewerk om die pot aan die kook te hou. Haar blymoedige menswees het almal om haar geïnspireer. […]

Dag 7: Liefde is. . . om jou prioriteite reg te hou

Deur Benescke Janse van Rensburg   ’n Suksesvolle entrepreneur is onlangs gevra hoe sy dit regkry om al die balle in die lug te hou. Sy is n ma, ’n vrou vir haar man en ’n besigheidsvrou. Sy het die vraag só geantwoord: “In ons lewens is daar eintlik net twee soorte balle: Rubberballe en […]

Dag 6: Liefde is… om Hom volkome te vertrou

Deur Benescke Janse van Rensburg   ’n Paar dae gelede moes ek die knop in my keel wegsluk terwyl ek na Cathleen Valentine, ’n enkelma in die Kaapse Skiereiland, se getuienis luister oor God se voorsiening. Hier is ’n uittreksel uit die getuienis (luister na die volle storie onderaan).

Dag 5: Liefde is… om nie te oordeel nie

Deur Benescke Janse van Rensburg   ’n Paar weke gelede het ek ’n baie snaakse dink oorgekom. Net na 19:00 die aand het my 5-jarige dogtertjie by die huis van ’n bankie afgeval. Haar arm het begin swel en ons het besef dat ons haar moes dokter toe neem. Terwyl my man na ons jongste […]

Dag 4: Liefde is… tyd en teenwoordigheid

Deur Benescke Janse van Rensburg ’n Tyd gelede was ek op ’n dag druk besig. ’n Sperdatum vir ’n groot projek was ophande en ek moes dit vinnig afhandel. Te midde hiervan, stap ’n kollega van my verby die lessenaar waar ek sit en werk met ’n 80-jarige oom. Hy het besoek by die radiostasie […]

Dag 3: Liefde is… om elke oomblik jou liefde te lééf

Deur Benescke Janse van Rensburg   Die voorblad van Die Burger gister het my diep getref. Gehurk en in gebed het ’n groep seuns van Hoërskool Driekhoek in Vanderbijlpark van hulle vriend, die 16-jarige Marnus Nagel, afskeid geneem. Hy was die vierde leerder wat gesterf het nadat ’n betonblok verlede week van ’n loopbrug by […]