menu
Blog inskrywings

Hy kan wonderwerke doen

Deur Benescke Janse van Rensburg   [Oor die afgelope paar dae het verskeie lesers getuig van God se grootheid in hulle lewens. Hier is drie getuienisse wat jou mag bemoedig:]   Leser 1, Claudia: “In ’n stadium 2 jaar gelede het my twee seuns elk ’n paar Nike-tekkies begeer. Omdat ek geweet het dat ek […]

Hy kan rouklere, feesklere maak

Deur Benescke Janse van Rensburg Wat gebeur as jy ’n rok in die Dooie See los? Dít is wat Sigalit Landau, ’n Israeli kunstenaar wou weet. Sy het ’n swart rok vir 3 maande in die soutwater gesit. Die resultaat? Soutkristalle het die rok getransformeer van ’n “rou-rok tot ’n trourok”.

Hy wil met jou praat

Deur Benescke Janse van Rensburg In reaksie op gister se dagstuk, het ’n leser die volgende vraag gevra: “Ek verstaan die belangrikheid om die Bybel te lees, maar wat as ek sukkel om te bid? Dit voel kompleet asof daar ’n blokkasie is. Kan jy help asseblief?”

Hy wil Homself aan jou openbaar

Deur Benescke Janse van Rensburg  ’n Leser skryf in verlede week: “Benescke, ek bid, maar ek kry nie antwoorde nie. Dit voel asof God my nie hoor nie. Ek begeer om nader aan Hom te leef, maar iets blok my. Ek lees Bybel en ek bid, maar my gedagtes dwaal en ek sukkel om die […]

God sien alles en Hy beloon dit

Deur Benescke Janse van Rensburg Rondom 48 uur voor Keizhia, ’n stêrleerder in haar skool en ook een van die behoeftige matrieks wat ons met ons jaarlikse Matriekafskeidprojek by Tygerberg 104FM geïdentifiseer het, het die weldoener weens uitdagings kop uitgetrek. Dit was ’n probleem.

Hy wil ons fondasie sterk bou

Deur Benescke Janse van Rensburg Tydens die Olimpiese Spele vanjaar het die wêreld verstom gestaan oor die gimnas, Simoné Biles se vermoë. Ná jare se oefening was sy en ’n klomp ander gimnaste in top vorm. Hul vermoëns het ’n klomp kinders met sterre in die oë gelaat met die gedagte om in hul voetspore […]

Hy kan jou gebrokenheid gebruik

“Weet jy hoe moeilik is dit om vir ander ouers se prematuur babatjies te bid sonder om God te verwyt omdat myne nie meer daar is nie?” Ek kyk na die vrou voor my. Haar rou emosie tasbaar in die trane in haar oë. Vir ’n oomblik is sy gestroop van haar gewone glimlag en […]

God kan jou situasie omdraai

Trane het oor die 23-jarige kelner se wange gevloei toe sy na haar betaalstrokie kyk. Nie omdat sy geen fooitjie ontvang het nie, maar weens die vyandige woorde van die twee klante wat sy deurentyd vriendelik en met goeie diens bedien het. Op grond van haar velkleur het hulle geweier om vir haar iets te […]

Hy kan ons hoor as ons bid

Hy kan ons hoor as ons bid Deur Benescke Janse van Rensburg   ’n Paar weke gelede is ’n 19-jarige man, Stephen Rogata, in New York, Amerika in hegtenis geneem nadat hy met suigdoppe en toue die Trump Towers-gebou probeer uitklim het. Hy was desperaat om by Donald Trump uit te kom. Rogata het tot […]

Hy kan ons oorvloedig laat leef in die storm

Twee dae nadat Norma Jean Bauerschmidt, oftewel “Miss Norma” van Michigan in Amerika se man, Leo gesterf het, het sy die skoknuus gekry dat ’n kankergewas by haar gediagnoseer is. Haar seun en skoondogter was saam met haar in die dokter se spreekkamer. Hy het chirurgie, bestraling en chemoterapie voorgestel. Op die vraag wat sy […]