menu
Blog inskrywings

God kan jou situasie omdraai

Trane het oor die 23-jarige kelner se wange gevloei toe sy na haar betaalstrokie kyk. Nie omdat sy geen fooitjie ontvang het nie, maar weens die vyandige woorde van die twee klante wat sy deurentyd vriendelik en met goeie diens bedien het. Op grond van haar velkleur het hulle geweier om vir haar iets te […]

Hy kan ons hoor as ons bid

Hy kan ons hoor as ons bid Deur Benescke Janse van Rensburg   ’n Paar weke gelede is ’n 19-jarige man, Stephen Rogata, in New York, Amerika in hegtenis geneem nadat hy met suigdoppe en toue die Trump Towers-gebou probeer uitklim het. Hy was desperaat om by Donald Trump uit te kom. Rogata het tot […]

Hy kan ons oorvloedig laat leef in die storm

Twee dae nadat Norma Jean Bauerschmidt, oftewel “Miss Norma” van Michigan in Amerika se man, Leo gesterf het, het sy die skoknuus gekry dat ’n kankergewas by haar gediagnoseer is. Haar seun en skoondogter was saam met haar in die dokter se spreekkamer. Hy het chirurgie, bestraling en chemoterapie voorgestel. Op die vraag wat sy […]

Hy kan ons met goeie dinge kom verras

In aanloop tot September se Gospel Skouspel glansgeleentheid in Kaapstad het Tygerberg 104FM-luisteraars die geleentheid gehad om hul naam en werksadres na die ateljee te stuur om in aanmerking vir kaartjies vir die geleentheid te kom. Uit die hordes SMS’e is drie wenners gekies wat elk by hul werksplek verras is.

Hy kan ons op vreemde maniere help

  Wat as ’n ontspanne uitstappie met hulle honde begin het, het Maandag in ’n krisis vir ’n Kaapse paartjie ontaard, toe hulle deur ’n swerm bye in die Macassar-omgewing oorrompel is. Die man is vermoedelik 50 keer deur die bye gesteek. Toe hy begin swel en sukkel om asem te haal, het sy dogter […]

Hy kan jou vyande verwar

In ’n onlangse videogreep op die aanlyn nuusblad, Telegraph se webtuiste het ’n trop leeus in die Mala Mala Wildreservaat in Suid-Afrika ’n buffel omsingel. Hulle was gereed om die buffel te verskeur, toe ’n onverwagse onderonsie tussen twee leeus uitbreek. Die uiteinde is dat al die leeus hierby betrek is en dat die buffel […]

Hy kan ons meer tyd gee

Het jy al ooit ’n oggend opgestaan en gewonder hoe op dees aarde jy deur jou “Doen-lysie” vir die dag gaan kom? Dalk is dit hoe jy vanoggend voel?

Hy kan. . .

Daniël is in die leeukuil gegooi. Sadrag, Mesag en Abednego in die vuuroond. Ester moes ongenooid by die koning opdaag. Elia moes as enigste gelowige op die Berg van Karmel gaan staan en bid vir vuur uit die hemel. En Dawid het die reus, Goliat aangedurf.