menu
Blog inskrywings

Dag 21: Vreesloos Vorentoe omdat God ons dra

Baie dankie vir al die e-posse en getuienisse oor die afgelope maand. Ek eindig vandag die reeks af met ’n paar lesers se getuienisse:

Dag 20: Vreesloos vorentoe met die leeu op hok

Vroegoggend op Vrydag, 5 Junie vanjaar het ’n leeumannetjie van die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes ontsnap. Dit het vermoedelik uitgekom deur onderdeur die heining te klim nadat water ’n gat daar oopgespoel het. Aangesien die park deur privaatboere se plase omring word, het die landboukantoor in die distrik boere gevra om lig te loop en […]

Dag 19: Vreesloos vorentoe met God se beskerming

Oor die afgelope paar dae het verskeie lesers getuig oor God se beskerming in hul lewens. Hier is ‘n uittreksel uit een van die e-posse. 

Dag 18: Vreesloos vorentoe deur die verlede in die gesig te kyk

Soms leer ’n mens waardevolle lesse in die kombuis – selfs al is jy, soos ek, nie ’n groot kok nie. ’n Tydjie gelede koop ek ’n gemarineerde, ont­beende hoender. Dit lyk sappig in die pakkie en volgens die aanwysings agterop (uiters belangrik vir my) klink dit asof ’n mens dit vinnig sonder moeite as […]

Dag 17: Vreesloos Vorentoe met vryheid

As joernalis het ek oor die jare al verskeie kere onderhoude met mense gedoen en, interessant genoeg, ’n hele paar keer dieselfde frase gehoor: “Ek het grootgeword met ’n alkoholverslaafde pa. Ek het die gewoonte verafsku en my voorgeneem om nooit soos my pa te word nie. Toe ek my oë uitvee, was ek self […]

Dag 16: Vreesloos vorentoe ten spyte van dorings

Een van die lesers skryf ’n paar dae gelede: “Hoekom neem dit so lank as ’n mens vir God iets vra? Ek is al 8 jaar geskei en bid al amper so lank vir iemand om lief te hê en iemand wat my sal liefhê. Ook iemand wat lief is vir God en wat sal […]

Dag 15: Vreesloos vorentoe met positiewe gedagtes

Rory McIlroy is tans die wêreld se voorste gholfspeler. Dit was egter nie altyd so nie. Op 10 April 2011 was die 22-jarige gholfspeler op die laaste dag van die Amerikaanse Meesterstoernooi in Augusta met vier houe die voorloper en gunsteling om te wen – sy eerste groot gholftoernooi. Stres en spanning het egter die […]

Dag 14: Vreesloos Vorentoe – omdat God dit moontlik maak

Hier is ’n paar getuienisse van ons lesers. Leser 1, Rika: “Ek is in die IT-bedryf en het ’n tyd gelede voorgestel dat ons ons stelsel na ’n ander verskaffer moet migreer. Dit is ’n groot proses en hoe verder ons gevorder het, hoe meer gekompliseerd het dit geraak – en hoe meer benoud het […]

Dag 13: Vreesloos vorentoe sonder aanstoot

Slappap is wat my 2-jarige dogtertjie, Joalé elke oggend wil eet. ’n Paar oggende gelede is ons effens laat en in die haas gly die soutpot terwyl ek die pap aanmaak en ’n bietjie meer sout as wat nodig is beland in die pot. Met beperkte tyd tot my beskikking kon ek nie die pap […]

Dag 12: Vreesloos vorentoe met sterk wortels

Wanneer laas het jy ’n palmboom bestudeer? Dit is een van die sterkste bome wat ons het. Nie net kan dit in dorre, droë omgewings oorleef omdat die wortels van die boom diep in die grond afgroei na die naaste water nie. Dit bly ook staande te midde van ’n orkaan wanneer sommige ander bome […]