menu
February 29, 2016
Dag 20: Nogtans sal ek my nie bekommer nie

Vandag wil ek iets anders doen. Ek gaan drie teksverse gee en een “opdrag”.

Hier teksverse:

  • Psalm 37:5: “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.”

 

  • Jeremia 32:27: “Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?”

 

  • Filippense 4:6-7: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”

Die opdrag:

Lees weer deur bogenoemde teksverse. Kies ten minste een wat vir jou uitstaan en skryf dit op ’n stukkie papier of op jou selfoon se notas. Vra nou die Heilige Gees om aan jou te wys hoe hierdie belofte van God van toepassing is op jou lewe. Lees dit ’n paar keer deur die dag en dink daaroor na.

God se Woord is lewend en kragtig. Kom ons bêre dit in ons harte en dink gereeld daaroor. Dit mag dalk net die las op ons skouers heelwat ligter maak. Sterkte.

Vader God, baie dankie vir u Woord. Lei my asseblief deur u Heilige Gees om u beloftes te ontdek en in my hart te bêre. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.


Los jou kommentaar en laat weet my wat jy dink

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *