menu
February 11, 2019
Getuienis_Van petroljoggie tot bestuurder

In Augustus verlede jaar het ons Lee Ann Abrahams, ‘n petroljoggie, gaan verras saam met Spar WesKaap en Dischem Stigting met geskenkbewyse om haar lewe te verbeter (luister na die inset onder). Sedertdien het sy ‘n bevordering gekry en is sy werksaam as bestuurder by ‘n skoonmaakbesigheid in die middestad van Kaapstad waar sy 17 takke moet oorsien met spanne skoonmakers onder haar. Hier is ‘n uittreksel uit die onderhoud waar sy tydens Brunch met Benescke (09:00-12:00) haar storie op Radio Tygerberg 104FM kom vertel het.

 (In Feb 2019)

 

Hier is die oorspronklike oorhandiging en reaksie van LeeAnn Abrahams in Augustus verlede jaar.

 (In Aug 2018)

 


Los jou kommentaar en laat weet my wat jy dink

6 persone het gereageer.

  1. Klaad Claassens says:

    Hi Benescke,

    Dit is net amasing wat die Here doen waneer ons gehoorsaam is, waneer Hy se ons moet gee dan moet ons nie huiwer nie, want deur gehoorsaam te wees, verkry ons guns by God, ons is dan ook gemaak om te gee, volgens Efesiers 2:10. Dankie elke dag is n blessing.

    Groete in die Here,

    Klaas Claassens

  2. Lourens Meintjies says:

    Goeie Môre, Daar is nie eindelik enige kommentaar wat ek kan gee nie. eK KAN NET Sê “WOW” hoe goed onse Helmse Vader is vir Sy kinders al is ons sommige keer nie so gehoorsam nie. Baie dankie dat ons sulke getuienis kan lees / luister want dit versterk ons net laat ons skuldig voel dat ons nie ook so kan optree nie.Ek voel altyd goed as ek net vir iemand ‘n stukkie brood kan gee en die dankbaarheid op daardie persoon se gesig kan sien.

  3. Samantha says:

    Baie dankie vir die bemoediging. Lee-Ann God is aarlik goed en ons gee aan Hom al die eer. Deur jou getuienis het ek trane in my oë gekry dankie dankie…… My God is wonderbaar……….

  4. Henk Mudge says:

    Benescke baie dankie ook vir jou bydrae saam met die ander persone. Ek het al vantevore na soortgelyke goed gekyk wat julle gedoen het en dit maak mens opgewonde maar ook emosioneel, want jy voel so magteloos as jy om jou kyk na die situasie in Suid-Afrika en ook hier by ons in Namibië. Daar is duisende mense soos sy wat swaarkry en hulp nodig het, maar as almal van ons, soos julle, daarop toesgepits om te help waar ons kan, kan ons ‘n massiewe verskil maak. Solank ons eerlik en opreg is in ons bedoeling, is ons gehoorsaam aan die Grootste Gebod, want bo en behalwe dat aan mense se fisiese behoefte voorsien word, ervaar hulle iets wat menseverhoudinge op die suiwerste manier sal verbeter. Ek wil glo dat projekte soos julle s’n duidende mense inspireer om dieselfde te doen. Blessings

  5. Annamarie Wilke says:

    Amen. Die Here is getrou. Dit is so lekker om ‘n positiewe storie te hoor in ‘n wereld waar daar net negatiwiteit is.
    Prys die Here

  6. Martie Steyn says:

    Net God kan dit doen….as hierdie getuienis nie mense 360 grade laat omdraai nie, dan weet ek nie. Dankie vir Sy wonderwerkende krag wat deur ander mense ons begeester en die moed gee om elke dag Sy liefde uit te leef en gewilliglik ‘n Getuie vir Hom te wees. Dankie vir Lee Ann se storie….

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *