menu
November 14, 2018
‘n Petroljoggie se lewe word verander

’n Paar weke gelede het ek iets hartroerend beleef. Dit was rondom 18:00 die Saterdagaand. Ek het vinnig by die petrolstasie gestop om petrol in te gooi. Die blymoedigheid van die petroljoggie, Lee-Ann het my dadelik opgeval. In ons gesprek het ek besef dat sy reeds ’n werkskof van 12 ure agter die rug gehad het met 4 ure om te gaan. 16 ure op een dag! Op die vraag of sy dan nie moeg raak nie, het sy geantwoord dat sy dankbaar is vir haar werk. Sodra sy mismoedig raak, praat sy hard met haarself om positief te bly omdat sy ten minste nou geld gehad het om kos vir haar kinders te koop. Sy was ook pas terug van kraamverlof.

As ma het die storie my hart geruk. Ek kon nie ophou dink aan Lee-Ann nadat ek daar gery het nie. Iets moes gedoen word om hierdie ma te help. Ek het met ’n paar mense gepraat en ’n paar dae later was ek, namens Radio Tygerberg 104FM, saam met Warren Manuel, bestuurder van Dis-Chem Willowbridge, wat namens die Dis-Chem Stigting aan boord gekom het en Charlene Mekel, van Spar Wes-Kaap se Gemeenskapprojekte, op pad na die petrolstasie om vir Leë-Ann met goeie nuus te gaan verras.

Spar Wes-Kaap het besluit om Leë-Ann met geskenkbewyse van R6 000 te verras en die Dis-Chem Stigting het vir Lee-Ann geskenkbewyse ter waarde van R12 000 gegee! Wat die storie indrukwekkend maak, is dat sy na afloop van die aankondiging van die goeie nuus (wat almal in trane gehad het – kyk skakel na video onderaan), vertel het dat sy daardie oggend niks in die huis gehad het om te eet nie. Daar was ook net twee doeke vir die baba oor. Met die laaste geld in haar besit, het sy werk toe vertrek. “Al wat ek kon doen, was om op God te vertrou,” vertel Lee-Ann, wat in daardie stadium al dae lank in die nag opgestaan het om te bid dat God haar situasie verander. “Ek het God vir ’n deurbraak vertrou, maar Hy het gekom en my totaal uitgeboul. Ek is oneindig dankbaar.”

 

 


Los jou kommentaar en laat weet my wat jy dink

33 persone het gereageer.

  1. Christa says:

    Wow wat n magtige God wat ons aanbid die Here seen

    1. LAVENDER BROWN says:

      WE SERVE AN AWESOME GOD

  2. Marlene Oosthuizen says:

    God is groot!!

  3. Marie Van Greuning says:

    WOW. Amen. God het waarlik Sy oë oral op die aarde om dié te help wat op Hom vertrou. Hy laat nooit Sy kinders in die steek nie. Hy voorsien altyd. Loof Sy Grote Naam. Ons God se genade hou nooit op nie!

  4. Jo Hedges says:

    God is to be trusted implicitly and this wonderful young woman, did just that. God sent you as the intermediate angel to help Lee-Ann . Bless you.

  5. PETER says:

    Ja HY is werklik Wonderbaar en voorsiener.

  6. Jenny says:

    joh!!! ek het nie woorde nie, Die Here se Genade is Groot. n Geseende dag vir almal.

  7. Mike says:

    Ons dien ‘n wonderlike groot en almagtige God. Prys die Heer. Hy is net’ n wow God.

  8. Lindey says:

    Hierdie dagstukkie laat my net weer vir die Here vra om my bewus te maak vir mense in nood, en om te reageer as die opdrag na jou kom.

  9. Corné says:

    Prys die Here, niks is vir Hom ooonrluk nie en niks kan ons van Sy liefde skei nie

  10. Ria Griffiths says:

    Ons moet net op God vertrou partykeer is dit moeilik maar daar kom darem n uitweg

  11. Ansie Uys says:

    God is só groot en goed dat men’s net verstom staan oor Sy genade. !!

    1. Rina Riffel says:

      God is good all the time amen!!

  12. Alida Bezuidenhout says:

    Prys die Here

  13. Wilhemina Rooinasie says:

    God is good all the time. Praise him.

  14. Rina says:

    die Bybel sê vir ons, as ons op die Here vertrou, SAL HY ons help. As ons nood op sy hoogste is, is God ons uitkoms!!!!! Loof die Here!!

  15. Helena says:

    Dit laat trane in n mens se oë van dankbaarheid, dankie vir jou wat ALTYD “ingeplug” is, weer n bevestiging dat die HERE ons NOOIT sal teleurstel nie, Sy liefde is vér bo ons denke.

  16. Alwyn Stoltz says:

    Wat n Fantastiese God dien ons nie ,niks is te groot of te klein vir ons God nie ,He is the God on the mountains and also the God in the valleys
    Alle eer aan ons Groot Koning van alle konings

  17. Luna de Villiers says:

    is dit nie ‘n wonderlike mooi storie nie. Ons Vader bly so ongelooflik getrou.
    ons moet net elke dag onvoorwaarlik vertrou…

  18. Aroma Meiring says:

    WOW, my trane loop. Alle eer aan God wat julle almal op haar pad geplaas het.
    Wat n wonderlike sigbare bewys dat God Groot en Lewendig is. As iemand nog n voorbeeld van wonderwerke soek, hier is een. Lee-Ann jy is n oulike Mamma. Gos se seen verder.

  19. Babalwa Sqanqalala says:

    Wow, am emotional. Our God is a loving Father! Glory be unto Him.

  20. Anlea Bezuidenhout says:

    Ek wil net vir die Here dankie se dat Hy ons begenadig is, Hy gebruik ons sondige mense om Sy mooi werke op aarde verrig. Ons is niks,maar Hy kan ons bruikbaar maak.

    Benescke en span, Mag die God van die heelal julle grond gebied vermeerder en julle ‘hande’ omhoog hou soos Moses sin, toe hy moeg was. Ek imagine nou hoe God op sy troon sit met ‘n baie tevrede glimlag.

    Baie dankie julle. Mag julle ‘n mooi dag he.

  21. Chris Bester says:

    Wonderlik ons dien n lewende GOD Amen

  22. Marius Bailey says:

    Prys die Here! Ons God is betroubaar en Hy hou by Sy beloftes! Baie dankie Benescke vir jou gehoorsaamheid! Die Here Seen almal wat betrokke was om Lee-Ann tegemoet te kon kom!

  23. Claudia Van Biljoen says:

    ONS DIEN N MAGTIGE GOD VAN BAIE DINGE.

    DANKIE HERE VIR HAAR WAT SO VOLKOME OP U KON STAATMAAK WAT GEWEET HET DAT HAAR VERLOSSER HAAR REDDER HAAR GENEESHEER EN HAAR GEWER LEWE.

    Ek se net Dankie Dankie vir die Here

    Ek se net Dankie Dankie vir die Here
    Ek se net Dankie Dankie vir die Here ek se net dankie dankie vir die Here. Die Lied kom nou so Sterk op my hart en sing dit nou so lekker omdat ek saam met haar haar vreugde deel.

    Amen Halleluja Glorie

  24. Ina-Louise says:

    Mag ons oneindiglik DANKBAAR wees. ALLE EER TOT DIE ALMAGTIGE.

  25. Esmari says:

    Prys sy Naam!!!

  26. Anastacia Machaba says:

    Beneske mag jy altyd toelaat dat God jou gebruik..ek dank die Here vir iemand soos jy. Jy bowl my elke keer uit as ek sien dus jou maand dan weet ek al HIER GAAN WEER MAGTIGE DINGE gebeur.Mag die Here die moedertjie seen en haar familie.
    Dankie .. WHAT A MIGHTY GOD WE SERVE..AMEN.

  27. Martie Woest says:

    Ek kan net se GOD is meer as genoeg HY het my genees van n folterende rugpyn
    in n oomblik ek bedank Hom met alles in my vir Sy liefde en goedheid aan Lee-Anne.
    Groot is Sy Naam oor die hele aarde.

  28. Brigitte Van Der Westhuizen says:

    Seek first the Kingdom of God and he will give you the desires of your heart.
    God is so so amazing. I just love the way He loves His children ❤✝

  29. Rika Mostert says:

    Benescke en span, julle is waarlik die hande en voete van Jesus. Dankie dat jy altyd luister na die stem van die Heilige Gees en dan doen.
    Ons dien waarlik die Koning vad die heelal. Groot en geweldig is Hy, maar groot is Sy barmhartigheid en liefde vir ons. Die vertelling laat my weer vol dankbaarheid dat ek die genade en guns het om Hom my Vader te kan noem

  30. LAVENDER BROWN says:

    God is good……all the time

  31. Prin6 says:

    Hierdie getuienis het my in trane gehad terwyl ek dit geluister het. Ons God bly Getrou!!!
    Ons moet net bly glo en vertrou!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *