Dag 4: Oorwin kwaad met die goeie

Benescke Janse van Rensburg

Die konflik tussen Rusland en Oekraïne is reeds vir langer as 700 dae aan die gang. Aan die begin van die jaar het Rusland per ongeluk een van sy eie dorpe, Petropavlovka in die Voronezh-streek naby Oekraïne gebombardeer. Dit was nie die eerste keer dat Rusland verkeerdelik ’n aanval op sy eie grondgebied loods nie. In April verlede jaar het ’n Russiese oorlogsvliegtuie per ongeluk ’n bom op sy eie stad Belgorod, naby die grens met Oekraïne laat val het wat ’n ontploffing veroorsaak het.

Dag 3: Voel jy soos ’n gyselaar?

Deur Benescke Janse van Rensburg

Op 3 November 2017 was Gerco van Deventer skaars drie dae in Libië. In die konvooi waarin hulle gery het, was hulle op pad na die bouterrein waar hy vir ’n maand as paramedikus vir ’n Brits-Libiese kontrakteur sou werk. Meteens is hulle deur terroriste oorrompel, die konvooi is gestop en Gerco is gyselaar geneem.

Dag 2: Hy beskerm ons

Deur Benescke Janse van Rensburg

In die 9/11 Memorial Museum in New York is daar heelwat stories van helde wat op daardie skrikdag in 2001 gehelp het om lewens te red. Hier is een só storie:

Dag 1: Nóú weet hulle wat ons weet…

Deur Benescke Janse van Rensburg

Twee Sondae gelede was die restaurante in Suid-Afrika vroegdag reeds volgepak om die geveg tussen Suid-Afrika se DricusStillknocks” du Plessis en die Amerikaner, Sean Strickland in Toronto, Kanada dop te hou. Ná vyf rondtes is Dricus as die Ultimate Fighting Championship(UFC) se middelgewig wêreldkampioen aangewys!

Dag 18: “Word nou gesond”

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

Karlien Coetzee, ’n finansiële adviseur van Bloemfontein se 4-jarige seuntjie, Ethan het in verlede jaar ’n bonatuurlike belewenis gehad:

Karlien: “In Maart verlede jaar het ons seuntjie Ethan begin sukkel om kos binne te hou. Sy magie het ook bly opswel. Ons is pediater toe waarna ’n string toetse gevolg het. Dit was ’n geweldige uitdagende tyd vir ons as gesin aangesien dokters nie die oorsaak van die probleem kon vind nie.

Dag 14: Vrede in moeilike tye

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

Ek ontvang verlede week ‘n e-pos van ’n leser met die vraag: “Benescke, is dit normaal dat ek as Christen deur moeilike tye gaan? Dit lyk soms vir my asof die lewe baie makliker vir ander Christene is. Doen ek iets verkeerd?”

Dag 13: God hou die heelal in sy hande

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

Die afgelope naweek het ek my kinders die Planetarium in Kaapstad besoek. Tydens ’n video-aanbieding oor die sonnestelsel stel die aanbieder die grootte van die sonnestelsel in perspektief. Het jy geweet dat die planeet Neptunis 57 keer groter as Aarde is en Jupiter 1300 keer? Ook dat die son 1,3 miljoen keer so groot as ons aarde is.

Dag 12: God maak ons vry

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

Gewalg het ek in verlede week na beeldmateriaal van ’n Kaapse besigheidsman gekyk wat sy vrou in hulle slaapkamer aanrand. Dít voor hulle 4-jarige kind wat desperaat tussenbeide probeer tree om haar ma te beskerm. Hoe gebeur so iets?

Dag 11: Kies vriende reg

 

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

“Vermy negatiewe toksiese mense.” Dít is die raad vir ’n goeie lewe van Maria Branyas Morera, ’n Franse non wat onlangs as die wêreld se oudste persoon haar 118de verjaarsdag gevier het. Sy is op 4 Maart 1907 gebore, sewe jaar vóór die Eerste Wêreldoorlog.

Dag 10: Niks is by God onmoontlik nie.

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

Verlede jaar Julie het Zilda Eloff van Vereeniging en haar gesin ’n bonatuurlike ervaring gehad. Hier is haar getuienis:  

 

Zilda: “Ná my oogoperasie het my ma vir ’n tydjie by ons kom kuier om met ons kinders te help. Een oggend in hierdie tyd het ons 5-jarige seuntjie, Lieben te vroeg opgestaan en vir my gesê dat hy ’n interessante droom gehad het. Omdat ek nog besig was om koffie te maak, het hy dit solank vir my ma en my man gaan vertel voordat hy dit vir my kom vertel het. Ons almal was verstom oor die droom.