Dag 11: God gee om oor jou

Ons almal ken die storie van Jona. Die profeet wat God na Nineve gestuur het om die mense te waarsku om op te hou sondig anders sou verwoesting volg. Uit vrees klim Jona op die skip na Tarsus. ’n Storm tref die skip, Jona word oorboord gegooi en ’n vis sluk hom in. In die duisternis van die vis se maag het Jona berou en die vis spoeg hom uit op die strand voordat hy wel na Nineve gaan. Dit is tot waar die meeste van ons die storie ken.

Dag 10: Hy herstel ons

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

Tydens die oproer vroeër die jaar in KwaZulu-Natal is ’n blou San Pablo-leerbank uit ’n meubelwinkel in Springfield gesteel. ’n Paar dae later het die winkeleienaars geskok op sosiale media gesien hoe hulle bank, ter waarde van R70,000, in stukke op ’n sypaadjie in ’n informele nedersetting staan. Bo-op ’n gedeelte van die bank het twee vroue gesit en gesels – totaal onbewus van die waarde van die bank.

Dag 9: Wat as dáái situasie verander?

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

In Maart vanjaar het ek ’n 21 dae-reeks, Die Deurbraak gedoen. Vir my was dit ’n absolute stap van geloof, maar een wat ek in gehoorsaamheid geneem het omdat ek dit as ’n geleentheid beskou het waartydens deelnemers God se hand prakties in hul lewens kon beleef.

DAG 8: GOD SE LIG VERANDER ALLES

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

Dit het my nou al twee maal onverhoeds betrap. Die eerste keer was nadat ek pas ’n dis vir aandete in die oond gesit het. Gisteroggend was dit nadat ek met sopnat hare uit die stort geklim het. Beurtkrag. Duisternis. Frustrasie.

DAG 7: GOD VOORSIEN STÉÉDS

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

Om voltyds in die bediening te wees, is somtyds uitdagend. Jy dra nie net jou gemeentelede se laste nie, maar ook jou eie. Vandag deel ek ’n getuienis van só iemand vir wie ek baie respek het.

DAG 6: GOD SIEN ONS TRAUMA RAAK

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

Verlede week het ’n 41-jarige vrou, sonder ’n draad klere, by ’n bank in die Strand ingestorm. Al skreeuend het sy verwoesting begin saai. Dít het veroorsaak dat klante geskok uithardloop en werknemers ongemaklik rondstaan. ’n Video van die voorval het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei. Die kommentaar uit die publiek was ongenaakbaar. “Die vrou is mal,” skryf een. “Ek het nou so lekker gelag,” skryf ’n ander. En nog een beskryf die gebeurtenis as “lagwekkend en totaal ongehoord”.

Dag 5: God hoor as ons vir ons kinders bid

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

Daar is krag in gebed vir ons kinders. Vroeër die jaar het ek ’n Bid vir jou kind-gebedreeks aangebied. Die terugvoer van mense wat steeds getuig dat God hulle kinders aangeraak het, bly vir my verstommend. Christina is een van hulle. Hier is haar getuienis.

Dag 4: God sien ons wanneer niemand ons sien nie

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

104 jaar. Dít is hoe lank adellike juwele wat tydens die rewolusie in 1917 uit Rusland gesmokkel is, in bewaring gehou is. Die diamante word volgende week in Genève opgeveil. Die pienk diamantring van 25.62 karaat is die ster van die versameling en kan vir tussen R60 en R90 miljoen verkoop word.

Dag 3: God sien jou raak – sien jy Hom raak?

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

Dit is iets wat maklik gebeur. Dit is ’n strik wat ’n mens maklik in trap. Die Israeliete in die woestyn het daarin getrap. Ook nege van die tien melaatses wat Jesus genees het. En selfs ’n magtige koning soos Salomo was nie bestand daarteen nie.

Dag 2: God sien jou raak… in noodsituasies

Deur: Benescke Janse van Rensburg

 

’n Gewone oggend in September het vir Alicia Lamprecht van Kaapstad in ’n nagmerrie ontaard toe haar voertuig gekaap word met haar 7 maande oue seuntjie, Henco steeds in sy karstoeltjie vasgegespe. . .