DAG 13: ONTHOU, HY SAL JOU NOOIT VERWERP NIE
Benescke Janse van Rensburg
Sowat twee weke gelede het die nuusblaaie van Thailand oor ’n wonderwerk berig. ’n Groep inwoners van ’n blok woonstelle in Thailand het ’n baba ontroosbaar hoor huil. Toe hul gaan ondersoek instel het hulle agter ’n 2 meter hoë heining in ’n klein piesangplantasie langs die gebou ’n pasgebore babaseuntjie, nog met die plasenta en naelstring aan, onder die piesangbome ontdek. Verlate.
Met nadere ondersoek is ontdek dat sy tienerma dié seuntjie na geboorte van die vyfde verdieping van die woonstelgebou afgegooi het. Die dik, piesangboomblare het sy val gekeer. Dit is ’n wonderwerk dat hy oorleef het en net ’n paar skrapies opgedoen het.
Kan jy jouself indink hoe hierdie seun sal voel as hy groot genoeg is om die storie te verstaan? Die een persoon wat hom die liefste moes hê en hom moes beskerm, het hom só verwerp. Tog, in ons eie lewens ervaar ons soms dieselfde – jou huweliksmaat wat ’n buite-egtelike verhouding aanknoop, ’n vennoot wat jou uit al jou geld verneuk, jou kinders wat hul rug op jou as ouer draai, jou ouers wat jou onterf, ’n vriendin wat jou seermaak. Hierdie verwerping maak seer. Dit ruk ons tot in ons diepste wese.
In Psalm 127:10 lees ons egter hierdie bemoediging: ”Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem.” In Jesaja 49:15-16 praat God self: “Kan ‘n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. Ek het jou naam in my handpalms gegraveer. . .” Ook in Psalm 34:19 lees ons: “Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.”
My gebed is dat daardie seun in Thailand sal grootword met die besef dat God hom aanvaar en onvoorwaardelik lief het. My wens is dat hy sy identiteit in Hom sal vind. Ook vir elkeen van ons het ek dieselfde gebed. Mag ons onthou, dat wanneer ons in ons eiewaarde begin twyfel, dat Hy ons lief het en aanvaar soos ons is. Ons behoort aan Hom. In sy oë is ons perfek. Kom ons draai na Hom om ons te genees van enige seer of verwerping. Hy kan dit doen. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat U my aanvaar soos wat ek is en dat U nooit van my vergeet nie. Help my asseblief om my identiteit opnuut in U te vind. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
WILLIE
Goeie more Benejcke.
Baie dankie vir jou praktiese oordenkings,dit gee vir ons weer perspektief in die deurmekaar wereld.
Groete.
Willie vd Merwe
chris buys
Veseker wonderwerk. God het n plan metdi baba. en hy is uitgekies om n spesiale taak te gaan doen vi God. ekt n insident omte vertel. ek was in n ongeluk 2015. en my lorry het n ambulans met 3verwagende mammas in beskerm. detail sal en photos sal ek stuur indien julle vra. ek glo ook dat God alles ten goede laat gebeur. groete chris
Annie Erasmus
Alle eer en prys kom die Heer toe. God is op die troon. Hy is in staat om te Red. Ek sien dat die moeder van die seun kwaad en telurgesteld was oor haar swangerskap. Vir nege (9) maande het sy nie haar lot aanvaar nie en/of niemand gehad om daaroor te gesels nie. Ek merk onkunde omdat sy nie bewus was van organisasies wat dalk kon help. Ek sien ook kommer en dalk werkloosheid omdat sy nie geweet het hoe sy hierdie bondel vreugde sou grootmaak. Maar God maak mos altyd n plan. Hierdie seuntjie was waarlik in die beskerming van die Allerhoogste. Eer aan God in die hoogste hemel.
JULIANA
” IN JESUS NAME I PRAY THAT THE ALMIGHTY WILL KEEP HIM SAVE AND PROTECT AND BLESS HIM…”””