Dag 4: Vreesloos in droë tye
Benescke Janse van Rensburg
’n Boer van Garies, Gert Sarrisam en ’n predikant van Laingsburg, Mias Nortier. ’n Maand gelede was beide moedeloos, plat teen die grond. Vir boer Gert was dit moeilik om positief te bly terwyl sy plaas al kaler word en die vee al maerder in wat gereken word as die ergste droogte in 100 jaar. Vir Mias was dit moeilik om as herder van die gemeente die gemeenskap positief en hoopvol te hou terwyl die reën wegbly al is verskeie gebedsdae vir reën al gehou.
In ’n stap van geloof het boer Gert, twee weke gelede sy plaas agtergelos om saam met ’n toergroep Israel te besoek. By die klaagmuur in Israel het hy met sy hand teen die muur gaan staan en by God vir reën op sy plaas in Suid-Afrika gepleit. Net so het Mias twee weke gelede saam met die Riders for Unity motorfietsspan wat Laingsburg besoek het in die kurkdroë Buffelsrivierbedding gaan bid. As teken van hul geloof, het hulle soos Josua en die Israeliete in Josua 4 ’n klipstapel in die rivierbedding gepak – heel bo-op is ’n klip met ’n groen kruis geplaas. Die klipstapel was ’n teken van hul geloof en vertroue in God. Dit was ’n verklaring.
Het God die gebede gehoor? Hy het. Met boer Gert se terugkeer na Garies Vrydag wou sy hart van dankbaarheid bars. Die wêreld was sopnat en op ’n foto op sosiale media staan hy met ’n reënmeter met 17mm water. Ook in Laingsburg het die sluise van die hemel oopgetrek en Woensdagmiddag het dit in 30minute sowat 30mm reënwater geval. Mias en sy vrou is reguit rivier toe. In ’n videogreep wat hy geneem het, sien ’n mens hoe die water in die kurkdroë rivierbedding aangestroom kom – reguit na die klipstapel wat hulle gepak het. Dan hoor ’n mens hoe hy op die agtergrond sê: “Dankie Here.” In daardie oomblik het hy geweet dat God hul gebede gehoor het. (sien video en foto onderaan)
In Psalm 13 lees ons hoe die Psalmdigter ook ’n droogtetyd in sy lewe beleef wanneer hy in vers 2-4 skryf: “Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? Vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk? Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae met kommer deurbring?… Luister tog en antwoord my, Here my God! Gee my tog nuwe lewenskrag.” En dan in vers 6 herinner hy homself dat God nooit verander nie: “Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.”
In ons eie lewens ervaar ons ook soms daardie droogtetye. Ons bid vir genesing, ’n finansiële deurbraak, ’n baba, ’n werksgeleentheid of dalk ’n lewensmaat. As ons nie dadelik ’n deurbraak beleef nie, is ons ook geneig om te vra: “Here, hoe lank gaan U nog van my bly vergeet?”
Soms is dit die droogste, donkerste en moeilikste net voordat ons die deurbraak beleef. Dit is dan dat ons geloof die meeste getoets word. Gaan ons aanhou vertrou of dan moed opgee? Boer Gert en Mias het aanhou bid al het die antwoord weggebly. Op God se perfekte tyd het hul die antwoord beleef – jy sal ook! Sterkte.
Vader God, baie dankie vir U getroue liefde. Help my asseblief om my geloof en vertroue in U te plaas, wetend dat U tydsberekening altyd perfek is. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
Hier is die onderskrif wat Nelis Engelbrecht by die foto van sy pa, Gert Sarrisan geplaas het: “Ek moet net getuig, God is soooooooo getrou. Week terug staan my pa by die klaagmuur in Israel pleit die Here vir reën. Hy het God volle vertrou om 2 weke weg van sy plaas te gaan in die ergste droogte in 100 jaar om Hom op te soek. Vandag tuis gekom en wêreld is sopnat. We serve an amazing God!!!!!#17mm“
Hier is Dominee Mias Nortier en sy vrou, Yolande. Hulle bly op Laingsburg.
Elize
Ons dien n wonderlike God. Ons moet aan Hom vashou en aanhou glo.
GERRIE
VIR GOD IS NIKS ONMOONTLIK NIE PRYS SY WONDERLIKE NAAM
Franz Buchschwenter.
Ons dien die enigste Lewende God. Here aan U kom toe al die Eer en al die Heerlikheid tot in alle Ewigheid.Amen en Amen.
FRANS FERREIRA
Al lyk tye vir ons hoe donker God is getrou en regverdig en sal voorsien op sy tyd ons moet net aanhou bid en glo.
toets van der Westhuizen
Awesome, ons dien n groot en almagtige God!!! Ons tyd is nie Sy tyd. Ons moet net bly bid en op Hom vertrou!
Anna Elisabettini
God is Groot.
Getrou & in beheer
Claudia Van Biljoen
Goeie More.
ja GOD Bly getrou en HY is n Miracle Working God.
soos my vriendin altyd se op nommer 99 antwoord HY ons want daaruit moet n getuienis gebore word. Amen. En hier wys GOD ons weer dat GEBED geen distansie het nie en dat HY nooit SY Kinder BO hul Kragte versoek nie. Dankei Benescke vir al die bemoedigings dit doen n mens se hart goed. Claudia.
juliana Louw Okahandja
Die Krag van Gebed is Magtig,,,,, I will bless the Lord at all times,His praise shall continually be in my mouth……Amen
ANNELIE POHLMANN
ONS JESUS LEEF !!!!!
Cindy De Leeuw
Gebed verander als, wie in Hom glo sal gered word. Ons as Christene moet saam staan in gebed want God het gese, waar een of meer saambid daar is Ek.
Prys Sy wonderlike Naam!
Jakkie
Dankie Heer U het U kinders se hulp geroep gehoor, afgebuk uit die Hemel en na ons geluister….U gee altyd op die regte tyd…Amen!!!!
Christo vd Walt
Wonderbaarlik voorwaar!! Ons in Kaapstad moet ook vertrou dat Sy tydsberekening perfek is, Sy manier nie ons manier is nie. Halleleja amen.
Joslyn
God is groot, Amen.
Eileen
God is groot. Dit is wonderlik om water so oor droë klippe en grond te sien borrel.
Louise
Ek is midde in ‘n stryd by my werk waar ek ook vir die Here vra hoe lank gaan hy nog van my af bly wegkyk. Hierdie boodskap gee my die moed wat ek nodig het om te volhard!
Ona
Aile aan Him wat altyd getrou is eny op Sy tyd uitkoms gee
Charlene
Ons dien ‘n Groot God. Dankie Ds Nortier vir hierdie bemoediging. Alles is moontlik as jy net glo en vertrou. Amen
Albert
Die Here is die almagtigeniks kom tot stand sonder hom.Ons moet hom loof vir sy grootheid en almatigheid.Hy is die skepper van hemel en aarde sowel as die onderhouer daarvan.Loof hom want hy is goed.
GERRIE
VIR GOD IS NIKS ONMOONTLIK NIE RYS SY WONDERLIK NAAM AMEN
Aubrey
We serve a Great Big Wonderfull God .. Wanneer ons op ons swakste voel , is GOD se Gees op Sy sterkse gereed om in , deur en om ons te werk ..
Jan
Dis die boodskap wat my moed gegee het. Ek sit met besigheid transaksie wat ek baie bekommerd oor is. God is Groot, ek hou vandag aan sy woord en vesekering van uitkoms op Sy tyd vas.
Rika Mostert
Ons dien die God van Abraham, Isak en Jacob. Die YHWH Elohim wat deur die Rooisee ‘n pad gemaak het, wat water uit ‘n klip laat kom het vir ‘n groot volk om te kan drink. Vir Hom is niks onmoontlik nie. Mag ek Hom altyd prys vir Sy goedheid en genade.
Dankie Abba dat ons na U kan kom in ons grootste nood en weet dat U hand nooit te kort is nie