God kan wanneer ons bid – 40 Kraggebede vir jou kinders
God kan wanneer ons bid – 40 Kraggebede vir jou kinders
Original price was: R320.00.R280.00Current price is: R280.00.
Description
God kan wanneer ons bid – 40 Kraggebede vir jou kinders en kleinkinders:
In die era waarin ons woon word dit al hoe belangriker om vir ons kinders en kleinkinders te bid. Die boek strek oor 40 dae waarin ouers en grootouers elke dag vir verskillende aspekte vir hulle nageslag kan bid – insluitende beskerming, vir hul selfbeeld, vir goeie verhoudings, vir ‘n sterk karakter en vir hulle toekoms. Die boek sluit ook méér as 80 getuienisse in van ouers wat getuig hoe God hulle kinders bonatuurlik beskerm het, genees het of hulle met wysheid gevul.
Interessante stories:
Die méér as 80 hedendaagse geloofstories van voorsiening, beskerming en bonatuurlike wysheid van ouers en grootouers bemoedig ons om aan te hou bid. Van die stories sluit in:
- ’n Ma vertel hoe God ingegryp het toe ’n kaper met haar kind binne die voertuig weggejaag het.
- ’n Enkelma vertel hoe God haar kind uit die kloue van bendes gered het
- ’n Ouma vertel hoe haar vergifnis vir haar eks-skoonseun genesing in haar kleinkinders se lewe gebring het.
- Ma’s wat vertel hoe God hulle kinders sonder vriende met vriende geseën het
- ’n Pa wat beleef het hoe sy kinders vir hom gebid het toe hy in doodsgevaar verkeer het
- En ’n pa wat vertel hoe God hom geseën het met iets “klein” soos ’n groot vis toe hy dit regtig benodig het ter wille van sy kinders.
Die getuienisse demonstreer dat God werklik ouers se gebede (groot en klein) hoor en verhoor omdat sy hartklop demonstreer dat ons nie alleen op ons ouerskapreis is nie.