**WEN ‘N BOEKPAK MET 5 BOEKE

Liewe Leser
Ons is besig om in die Feestyd in te beweeg en in die lig hiervan wil ek graag een boekpak weggee aan ‘n leser.
Wat jy moet doen om in aanmerking te kom vir die boekprys:
- TEKEN IN op my nuusbrief: https://us13.list-manage.com/subscribe?u=8b181da686e5c3c8a0cfac24e&id=38f7a69e9c
- WORD DEEL van die Stories van Hoop bladsy op Facebook by: https://www.facebook.com/storiesvanhoop/
- LIKE en SHARE hierdie post op Stories van Hoop: https://www.facebook.com/storiesvanhoop/
- GEE ‘N REDE hoekom jy glo dat God steeds God is – of hier onder of op Stories van Hoop se bladsy (onthou om ook te noem van waar jy is, bv. Kaapstad, Bloemfontein, Springbok, Pretoria, ensovoots).
Die wenner word Vrydag, 4 Desember 2020 aangewys.
Kom ons vier fees!
Benescke
SP PUTTER
STRAND WES KAAP
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG EN BEREIKBAAR
Dinah
God doen nog vele wonderwerke. Ons God is n lewende God. Ek het met my eie oe gesien waar vuur oor huise se dakke lek en met mense wat in die strate voor hul huise staan met voertuie wat gepak is net met die nodigste goed. Hoe die mense bid vir reen. Die volgende wat gebeur is die vuur word gedraai deur die wind en daarna kom die reen. Met brandweer manne se hulp kon ons daardie nag in ons huise slaap. Amen Alle eer aan ons God die Vader.
Linda
Kaapstad. Op n baie moeilike tyd moes my vriendin se huis op n veiling verkoop word. Sy smeek God die aand voor die veiling vir uitkoms. Soveel mense is van haar afhanklik en sal nou sonder heenkome wees. Die huis word verkoop die vlg dag op die veiling. N dag later kom die koper terug (spekulant) en se Me ek kan nie jou huis koop nie. Hier is R10000 my prokureur sal jou help om die koop om te draai en jou huis te behou. Elke keer as ek daar kom is ek weer “in awe” oor ons God!!
Adele du Preez
Ek het my seun 8 jaar gelde in n motorfiets ongeluk verloor, elf ure voor sy 21ste verjaarsdag. Daar was geen lyfie om uit te ken nie. Net nadat ons bekeer is toe gebeur dit. Ek was kwaad vir God en het n jaar met Hom gestoei. Ek was so geseend dat die Here my gewys het waar my kind is en my kind het 3 x daardie oggend erken en bely dat hy glo. Vertrou net op Hom. Hy dra my steeds ek kan nie sonder my Vader nie. Vyf mnde voir sy dood is my broer ook oorlede, na sy dood, my skoonpa en suster wat selfmoord gepleeg het. U is so n inspirasie vir my. Alle seen op u werk. Groetnis vanuit Brackenfell
Amanda Sinclair
Ons glo werklik God is ALTYD in beheer wanneer jy ‘n lewendige verhouding met Hom het. Mei 2019 het dit vir ons letterlik bewys. ‘n Week voor my dogter se ongeluk het ek so ‘n snaakse gevoel gekry oor ons dogter en net bly bid dat God haar sal beskerm. ‘n Dag voor die ongeluk was my gebede meer intens op haar gefokus en ek het bly bid vir haar beskerming. My man en ons dogter het ‘n Vriend van ons in daardie tyd gaan help om sy soya’ s te stroop. Op die spesifieke dag van die ongeluk later die middag het my man siek begin voel en sy het hom gou terug huis toe geneem in die dorp. Hy het aanhoudend vir haar bly sê “wees asseblief versigtig my Liefie”
Sy het toe terug plaas toe gegaan en byna half 5 die middag het die ongeluk plaas gevind. Die boer het uit geklim on te kyk hoe die soyas oortap na die tapkar. Die masjien sluit heeltemal af wanneer die een in beheer vanaf die stoel opstaan. Sy het intussen die ruit gaan skoon vee. Die stof was baie. En net toe sy byna klaar was, het die masjien skielik aan gegaan wat ‘n fout was en het haar van balans afgeruk en sy het binne-in die stroper beland. Syt geskree en teen die reuse masjien baklei. Die boer het besef dis ‘n fout. Masjien kan nie self aan gegaan het nie en toe hy haar hoor het hy teruggespring in die kajuit en gesien hoe die rollers haar draai. Meteens het hy alles gestop en gedpring om haar te help en uit te kry. Die lemme het reeds haar bene gesny en plek plek op haar lyf begin kerf en liggies ook haar wang geraak. Hy het haar so gou moontlik hospitaal toe gejaag en intussen my man gebel en net gesê ‘Ek is so jammer my maat, Suné het seergekry, kry ons by die hospitaal’. Ek het ‘n oproep van my man gekry en hy het net gesê moenie skrik nie, daar was ‘n ongeluk, Suné het seergekry daar is baie bloed maak gou! Ek het net bly bid en gesê Vader hou U hand oor Suné se wonde, en gery. Ek het aanhoudend gepraise en geworship saam musiek in die kar. By die hospitaal in dieselfde tyd het klomp mense gehoor. Die boer se vrou het ook mense gebel om te bid. Daar was toe reeds ‘n hele klomp ook daar by die hospitaal en almal het dringend daar gebid. Kort storie verder. Sy is per ambulans Newcastle toe. Ons woon in Ermelo. Die dokter neem alle wonde af voor hy begin werk. Daarna het hul aan haar gewerk. Hy het vir ons die foto gewys toe hy uit die teater kom. Toe ons later die foto weer besigtig toe sien ons die vorm van ‘n hand oor die wond!!! Sy was 3 keer in die teater. Sy is vandag gesond. Loop en doen alles weer normaal. Alle eer aan God ons Vader wat ALTYD in beheer is!!!!
Stacey Machaba
Daar is niemand soos Hy onder die water of bo op die aarde nie… GOD IS STEEDS GOD.. In 2015 is ek getroud en na baie operasies en dokters wat se ons sal nie kinders kan he is ons dogtertjie in 2017 gebore. In 2018 word my man siek en word met Leukemie gediagnoseer en na 2 jaar is hy herstel maar in daardie tyd kom ons net sien dat God nog dieselfde God is wat genesings doen en dat God die laaste se het oor alles. My man is in die werk en doen baie goed… GOD het voorsien in al ons nood ..en Hy kan dit vir ons almal doen ons moet net ons vertroue in Hom plaas…Die Here weet wat Hy doen… GOD SEEN..
Uitenhage
Janine Warmington
Die Here kom altyd deur vir ons. Al is die nie op ons tyd nie. Hy doen dit op ‘n manier wat ons dit nie sou verwag het nie en dus waarom Hy altyd ons sal seen want ons moet op Hom vertrou. Dankie Here vir wat u vir ons beteken en nog gaan beteken. Amen 🙌
Barbara Pretorius
Knysna
Ons het op 1 Desember 2007 Knysna toe getrek waar ons niemand geken het nie en ‘n fisioterapie praktyk begin met ‘n bed, ‘n ultraklank masjien en my hande. Hannes, my man, kon nie meer werk as ‘n vlieeneir nadat hy sy lisensie verloor het weens mediese redes. Ons het vir God gevra om ons te seen en te help met ons nuwe besigheid. En na 13 jaar is nog steeds hier met ‘n vlorerende praktyk wat oorleef het deur die vure van Knysna en nou weer die jaar met Covid is God steeds God in dat Hy ons help en lei om kop bo water te hou. Dankie Here dat U voorsien en na ons kyk. In die laaste 13 jaar het die Here vir Hannes extra werk voorsien om ons dogter se universiteitsfooie te betaal en kon ons vir ons ‘n woonstel koop om voorsiening te maak vir ons ou dag. Terwyl jy in dit is wil jou geloof vou, maar nou dat ek terug kyk sien ek hoe goed God vir ons is.
Pieter van Heerden
Die ganse wêreld is so deurmekaar, die dinge wat daagliks gebeur laat mens in ongeloof staan laat die vraag by mens opkom waar is God in die gemors waarin ons is ?.
Net die feit dat jy jou oeë kan oopmaak in die oggend is ‘n teken dat God daar is, ek glo dat as mens met n dankbare hart loop en en jou klein seëininge elke dag tel, en vir God daarvoor dank sal jy God oral sien.
René Fourie
Ek is deer baie dinge in my lewe en ek met ñ groot en opgewonde hart sê, God voorsien vêr bo alle verwagtinge. Ek het so 2jaar terug my werk verloor waar, ek eers na dié tyd besef het. God het vir my gewys my seisoen daar is verby maar eers was ek kwaad vir die Here en rebels, want ek is goed in my werk. Ek het daarna vreeslik gesukkel om werk té hou. En een oggend besef ek oppad werk toe dat “Woorde dra krag”. En so lief as wat ek my man het, het hy die gewoonte om vir my te sê… “Jy kan nie ñ werk hou nie.” En ook “Ons het nie geld nie.” Ek was besig met stiltetyd een aand toe die Here vir my wys waar my probleem lê.
Ek het in geloof hom in sy slaap gesalf en ook sy lippe. En ek het vir die Here gevra dat hy nie weer daardie woorde oor ons huisgesin en oor my sal spreek nie. Ons dien ñ groot God.
Ek het ñ siekte Fibromialgie. Dit waar mens spasmas kry van jou kroontjie tot jou toontjie en van die geringste spanning. Ek kon nie weer werk kry nie, maar het ñ kursus nael tegnikus kursus geloop toe ek nog baie jonger was.
Ek het vir die Here gevra Hy moet my asb help met werk en só was die Here vir my ek moet die oumensies se hande en voete gaan doen by die ouetehuise. Hulle kan nie meer by hulle voete uitkom nie. Ek het vie die Hete gevra om vir my deure oop te maak as dit Sy wil is vir my. En op dag 1 se net klop aan deure, gee die Here vir my 7 afsprake. Van daaraf het die Here my begin seën, en daar was min dae wT ek nie besig was nie.
Toe Covid kom, verloor ek my inkomste… ek kan nie by my kliënte uitkom nie. Gelukkig was my man rustig en hey hy verstaan. Maar ons dien ñ God van wonders. Ons ons kompleja, ken my seun die hele wêreld en hy hoor ñ mamma mag haar besigheid weer open met level 4. Maar al die kleuterskole is steeds gesluit.
Só kom “Taylor-Lee” Sussie in ons lewe in. Sy word 2 jaar op 2 Junie 2020. En só voorsien die Here vir my vir ñ maandelikse inkomste. Nou gaan sussie volgende jaar terug kleuterskool toe en ek kan weer voltyds begin werk met die ou mensies. In tussen doen ek weer voete in die middae vir eers. En kon nie glo hoe bly my ou mensies was om my weer te sien nie. Hulle vra net ek moet asb nie weg nie. Soos julle kan sien kan ek met lof en ñ dankbare hart sê: “Ons dien werklik ñ God van wonders.” René Fourie
Carina
God is nog steeds God want dit maak nie saak waardeur jy gaan in die lewe nie, bly die Here getrou. Dis nou presies ñ jaar terug wat my ma opgeneem was in die Hospitaal en gediagnoseer is met Kanker. Ons het haar binne 30 dae verloor. Die Here was getrou om my ma nie te laat lei nie. Dit sou erg vir haar gewees het in en uit die hospitaal. Ek dink sy het vir die Here in die hemel gevra om my sussie hul te seën met ñ baba seuntjie na 3 jaar wat hulle gesukkel het om swanger te raak. God bly getrou om vir ons ñ gesonde baba te gegee het in die inperkingstyd. Dis waarom God, God bly.