Agt jaar gelede het Audrey Strydom gespanne op die hospitaalbed in die Tygerberg hospitaal gelê. Drie inspuitings sou haar swangerskap termineer. Volgens die dokters was dit die beste besluit aangesien haar ongebore seuntjie met water op sy hoof en ‘n skewe ruggraat se kanse om te oorleef skraal was. Indien hy wel sou oorleef sou hy bykans geen kwaliteit van lewe kon geniet nie. Hier is Audrey se getuienis.