Bekommerde ma se nood word verlig
Deur Benescke Janse van Rensburg
Iets mooi het gisteroggend tydens my radioprogram gebeur. Ek werk by ’n Christenradiostasie in die Kaapse Skiereiland. Om gebedsversoeke op ons Whatsapp-lyn in die ateljee te ontvang, is niks vreemd nie. Dit gebeur daagliks regdeur die program. Tog, gisteroggend was daar ’n boodskap wat my aandag getrek het – en selfs my hartsnare geroer het.
Yolanda Oosthuizen se getuienis (hulle is gered uit die see)
Deur Benescke Janse van Rensburg
Die afgelope Sondagoggend rondom 10:30 het Yolanda Oosthuizen (53) en Anne Tait (67), twee sendelinge van Skotland wat in Suid-Afrika kuier, by Lappiesbaai by Stilbaai gaan swem. Binne minute het hulle in ’n sleurstroom beland wat hul al dieper die see-ingetrek het. Toe Yolanda sien dat Anne nie meer haar kop bó die water kan hou nie, het sy op haar hardste om hulp begin roep.
Getuienis_Van petroljoggie tot bestuurder
In Augustus verlede jaar het ons Lee Ann Abrahams, ‘n petroljoggie, gaan verras saam met Spar WesKaap en Dischem Stigting met geskenkbewyse om haar lewe te verbeter (luister na die inset onder).
God voorsien_’n Getuienis van Cathleen Valentine (‘n Enkelma)
’n Paar dae gelede moes ek die knop in my keel wegsluk terwyl ek na Cathleen Valentine, ’n enkelma in die Kaapse Skiereiland, se getuienis luister oor God se voorsiening. Hier is ’n uittreksel uit die getuienis (luister na die volle storie onderaan).