God is steeds God
God is steeds God
Original price was: R249.00.R200.00Current price is: R200.00.
Soms gebeur dinge wat ons laat vra: Waar is God? Is Hy steeds goed? Kan ek Hom stééds vertrou?
Description
Soms gebeur dinge wat ons laat vra: Waar is God? Is Hy steeds goed? Kan ek Hom stééds vertrou? In die boek God is stééds vertel joernalis en radio-omroeper Benescke Janse van Rensburg meer as 60 hedendaagse geloofstories waarin mense getuig van wonderwerk-oomblikke saam met God. Hy voorsien, beskerm, lei ons en vul ons met wysheid wanneer ons dit nodig het.
Hierdie getuienisse herinner ons dat God gewone mense soos die petroljoggie en enkelma raaksien. Daar is ook stories van bonatuurlike voorsiening en beskerming soos ’n boer wat God se ingryping in ’n haelstorm op sy plaas beleef het; ’n dowe seun wat skielik kon hoor en ’n huwelik op die rand van egskeiding wat herstel is. Ander verhale getuig van God se genade vir ’n dwelmverslaafde op die punt om haar eie lewe te neem, maar ook van God se nabyheid en vertroosting ná ’n miskraam, ná die verlies van ’n kind of toe ’n gesin hul lewens van vooraf moes opbou ná ’n gewapende roof ’n gesinslid se lewe geëis het.
Alhoewel daar heelwat bekendes is wat hul stories deel, is die fokus regdeur die boek slegs op een Hoofkarakter. Deur hierdie verhale wil Hy ons herinner dat Hy ons stééds liefhet, dat wonderwerke steeds gebeur en dat ons Hom in ons lewens kan toelaat en vertrou.
Die toeganklike A-tot-Z formaat maak dit ideaal vir gemeentestudie, huisgodsdiens, Bybelstudiegroepe en selgroepe. Dit is ook geskik vir individuele gebruik.
God vind steeds maniere waarop Hy sy almag, liefde, genade en krag op tasbare maniere deur wonderwerk-oomblikke aan ons kom demonstreer.