God Was Daar

R200.00

Te midde van uitdagende situasies vra ’n mens maklik: “Waar is God?” Dikwels besef ’n mens egter eers as ’n mens deur die storm is en terugkyk…

Category:

Description

Te midde van uitdagende situasies vra ’n mens maklik: “Waar is God?” Dikwels besef ’n mens egter eers as ’n mens deur die storm is en terugkyk dat God die hele tyd dáár was. God was dáár is ’n reeks getuienisse van bekendes en gewone mense van God se teenwoordigheid in vreesagtige of vreugdevolle oomblikke.

’n Mens vra so maklik: “Waar is God?” Veral wanneer jy seer het, of bang of paniekerig voel … En dikwels besef mense eers agterná: “Maar God was regtig dáár!”
GOD WAS DÁÁR … is saamgestel deur bekende TV- en radio-persoonlikheid Benescke Janse van Rensburg. In hierdie inspirerende boek sal lesers hoendervleis kry wanneer hulle die meer as 80 verhale lees. Bekendes én ander mense in Suid-Afrika vertel van daardie aangrypende oomblikke wat hulle lewens verander het.
GOD WAS DÁÁR … vertel die geloofsverhale van bekende Suid-Afrikaners uit TV-, sang- en sportkringe insluitend Michael Mol, Andries Enslin, Juanita du Plessis, Sorina Erasmus, Retah McPherson, Retief Burger, Jannie du Plessis en Allister Coetzee.
GOD WAS DÁÁR … sal elke leser laat besef dat God juis daar is wanneer hulle Hom die nodigste het.

Gaan kyk gerus na die foto’s op Facebook