’n Paar dae gelede moes ek die knop in my keel wegsluk terwyl ek na Cathleen Valentine, ’n enkelma in die Kaapse Skiereiland, se getuienis luister oor God se voorsiening. Hier is ’n uittreksel uit die getuienis (luister na die volle storie onderaan).

In 2 Kronieke 16:9 lees ons: Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.” En in Spreuke 3: 27 staan geskryf: “Moenie ‘n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie.” Kom ons hou ons oë op hierdie groot, soewereine God en kom ons wees gehoorsaam as Hy ons deur sy Heilige Gees lei om sy liefde prakties aan mense in nood te demonstreer! Sterkte.