Lourie van der Merwe se getuienis (na aanval in hul huis)
Dit het bloedsweet en trane geneem om die trauma te oorkom, maar 1 jaar en 4 maande later, is hierdie Lourie van der Merwe se getuienis:
In Februarie verlede jaar is die 60-jarige Lourie van der Merwe, ’n landbou-adviseur en voormalige pastoor en sy vrou Celia (ook 60 jaar oud) in die vroeë oggendure in hul huis op Marquard in die Vrystaat oorval. Lourie is met ’n jagmes in die bors gesteek en Celia in die gesig. Hierna is hul vir bykans ’n uur in die huis aangehou met dreigemente dat hul vermoor gaan word. Chemikalieë en brandstof is oor Lourie uitgegooi en die aanvaller het probeer om hom aan die brand te steek. Die vuurhoutjies was egter te nat na die reën. In ’n stadium kon Celia ontsnap en hulp ontbied, wat hul lewens gespaar het.
No Comments