Bekommerde ma se nood word verlig
Deur Benescke Janse van Rensburg
Iets mooi het gisteroggend tydens my radioprogram gebeur. Ek werk by ’n Christenradiostasie in die Kaapse Skiereiland. Om gebedsversoeke op ons Whatsapp-lyn in die ateljee te ontvang, is niks vreemd nie. Dit gebeur daagliks regdeur die program. Tog, gisteroggend was daar ’n boodskap wat my aandag getrek het – en selfs my hartsnare geroer het.


