Reeks: 100 Pyle teen Kersfees

|
Ek is baie opgewonde om jou te vertel van my nuwe reeks, 100 Pyle teen Kersfees! Dit begin Maandag, 15 September 2025.
Wat dit behels: In die woestyn het Jesus elke keer op Satan se aanval geantwoord: “Daar staan geskryf…” en dan het Hy skrif aangehaal. Dit was sy teenaanval teen die vyand. Van Maandag af is dit 100 dae tot Kersfees. Ek gaan elke dag ‘n kort belofte uit God se Woord met jou deel wat jy kan memoriseer sodat jy 100 beloftes teen Kersfees ken.
As jy wil deelneem, stuur die woord PYLE na 0732288114. Koste: R100.
Die beloftes gaan kort genoeg wees dat jy dit saam as gesin kan doen. Nooi gerus ook jou selgroep, kollegas of vriendekring om dit saam met jou te doen.
Ek sien baie uit om saam met jou die pad te stap!
Groete, Benescke |




No Comments