Tema vir die dag:  “WAT AS” God nie antwoord nie?

Wanneer ons met ‘n eerlike hart kan sê dat ons God sal aanbid met dieselfde entoesiasme en geloof of ons nou die deurbraak kry waarvoor ons vertrou of nie, word ons vry van vrees. Ons kies om in geloof op God te vertrou met die wete dat Hy die toekoms ken en alles ten goede in ons lewens saamwerk.

Teksverse vir die dag:

  • Daniël 3:15-18: “Nou kyk, dit sal in orde wees as julle bereid is om te buig en die beeld te aanbid sodra julle die geluid hoor van trompet, fluit, siter, lier, harp, ‘n ander blaas- of musiekinstrument. Maar as julle hom nie aanbid nie, sal julle dadelik in ‘n brandende oond gegooi word, en watter god sal julle uit my mag kan red?” Sadrag, Mesag en Abednego het koning Nebukadnesar geantwoord: “Ons hoef u nie hierop te antwoord nie. Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.”

Vrae of getuienisse: Stuur gerus vir my deur. Ek deel dit graag ter bemoediging van die res van die deelnemers.

Webinaar:  Ons derde en laaste webinaar saam is Sondagaand, 21 Maart om 20:00-21:30. Ons gaan Nagmaal saam gebruik so kom voorbereid.

Afslag: Gebruik gerus DEURBRAAK as koepon op my aanlynwinkel vir afslag sou jy dalk van die boeke wil aanskaf: https://benescke.co.za/aanlyn-winkel/

Lekker week!

Groete
Benescke