Dag 18: “Word nou gesond”

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

Karlien Coetzee, ’n finansiële adviseur van Bloemfontein se 4-jarige seuntjie, Ethan het in verlede jaar ’n bonatuurlike belewenis gehad:

Karlien: “In Maart verlede jaar het ons seuntjie Ethan begin sukkel om kos binne te hou. Sy magie het ook bly opswel. Ons is pediater toe waarna ’n string toetse gevolg het. Dit was ’n geweldige uitdagende tyd vir ons as gesin aangesien dokters nie die oorsaak van die probleem kon vind nie.

Dag 10: Niks is by God onmoontlik nie.

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

Verlede jaar Julie het Zilda Eloff van Vereeniging en haar gesin ’n bonatuurlike ervaring gehad. Hier is haar getuienis:  

 

Zilda: “Ná my oogoperasie het my ma vir ’n tydjie by ons kom kuier om met ons kinders te help. Een oggend in hierdie tyd het ons 5-jarige seuntjie, Lieben te vroeg opgestaan en vir my gesê dat hy ’n interessante droom gehad het. Omdat ek nog besig was om koffie te maak, het hy dit solank vir my ma en my man gaan vertel voordat hy dit vir my kom vertel het. Ons almal was verstom oor die droom.

God voorsien! (‘n Getuienis)

Tydens my radioprogram op Radio Tygerberg in die Kaapse Skiereiland het ek ’n SPAR-geskenkbewys ter waarde van R1000 gehad wat ek kon weggee. Met só promosie is daar gewoonlik binne sekondes honderde boodskappe wat op ons SMS-lyn inkom. Die wenner word lukraak aangewys.

Getuienis van Stefan Dreyer

Stefan Dreyer, branderplankryer van Kaapstad, het beleef hoe God hom bonatuurlik gered het na ‘n ongeluk in die see.