Dag 10: Tiendes
Tema vir die dag: Tiendes
Wanneer ons ons tiendes gee is dit ’n praktiese bewys dat ons ons erken dat God ons Voorsiener is. Hy weet wat ons benodig en Hy is steeds in staat om sy grootheid aan ons te openbaar. Ons het nodig om Hom ook met ons finansies te vertrou.
Teksverse vir die dag:
- Maleagi 3:10: “Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.”
- 2 Korintiërs 9:7: “Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.”
- 2 Korintiërs 8:12: “As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie.”
Vrae of getuienis: Deel gerus enige vrae of getuienisse wat jy het met my sodat ek jou vrae tydens die Webinaar Donderdagaand, 20:30-21:30.
Afslag: Gebruik gerus DEURBRAAK as koepon op my aanlynwinkel vir afslag sou jy dalk van die boeke wil aanskaf (skakel onderaan na winkel).
Lekker dag!
Groete
Benescke
No Comments