Dag 4: Vergifnis
Tema vir die dag: Vergifnis
’n Onvergewensgesindheid, bitterheid of haat kan ’n hindernis wees in jou gebede – en ook om jou deurbraak te beleef.
Teksverse vir die dag:
- Jesaja 59:2: “Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.”
- Markus 11:24: “En wanneer julle bid, moet julle eers mooi dink of daar nie iemand is vir wie julle kwaad is of met wie julle vassit nie. Raak eers van al daardie slegte gevoelens ontslae sodat julle niks meer teen daardie persoon hou nie. Dan sal julle Vader in die hemel ook die verkeerde dinge oorsien wat julle doen.” (Die Boodskap-vertaling)
Uitdaging vir die dag:
- Hoe weet jy jy het regtig iemand vergewe wat jou te nagekom het? Jy kan vir hom of haar bid.
- Reik eerste uit en vergewe. Kom ons bid ook dat God hom/haar aanraak dat hulle nie nog iemand soortgelyk seermaak nie.
Oudioboodskap: Vind die skakel hier onder.
Webinaar: Die webinaar is vanoggend 09:00-10:00. Ek weet baie mense werk so dit sal opgeneem word en ek sal die YouTube-skakel later deurstuur. Stuur asseblief terugvoer van jou belewenis tot dusvêr as jy wil. Ook jou vrae. Ek wil graag van dit deel om 09:00.
Groete
Benescke
Alta Vorster
Mark 11:25