DIE DEURBRAAK DAG 3: NAGMAAL
Tema vir die dag: Nagmaal
Wanneer ons nagmaal gebruik verklaar ons dat ons glo dat Jesus Christus namens ons aan die kruis gesterf het. Ook dat Hy opgestaan het uit die dood en die bose oorwin het. Hy is ons Verlosser wat ook aan ons die outoriteit gegee het om te heers oor die bose.
Teksverse vir die dag: Matteus 26:26, 1 Korintiërs 11:23-26, Lukas 10:19.
Uitdaging vir die dag:
- Gebruik Nagmaal en sê dankie vir Jesus dat Hy namens ons gesterf het.
Webinaar #1 bymekaarkom: Ek wil Donderdagoggend 09:00-10:00 ’n vinnige bymekaarkom reël. Stuur asseblief vir my enige vrae wat jy tot dusvêr het aan na benescke2@gmail.com. Ek wil hê die ontmoeting moet lekker interaktief wees. Vir die wat dit nie kan bywoon nie, sal ek die YouTube skakel aanstuur. Hier is die skakel na die webinaar solank: https://us02web.zoom.us/j/86491099772?pwd=QkJiVUlDbVgvckxMcExZQUl
Groete
Benescke
Hannes Kruger
Ek begin by dag 5 se mooi ! Was daar dae 1 tot 4 ook ? Kan ek hulle kry asb.