Tema vir die dag:  Die Doop

Met die doop verklaar ons dat Jesus Christus namens ons gesterf en opgestaan het. Ons gaan onder die water in as ‘n ou sondige mens en kom uit die water skoongewas en vrygemaak van sonde. Dit is ‘n simboliese aksie met krag.

Teksverse vir die dag:

  • 1 Petrus 3: 21-22: “Hierdie dinge is eintlik vir ons ’n voorbeeld van wat op geestelike gebied by die doop gebeur. Daar skei die paaie van die mense wat gered word en dié wat nie gered word nie. Dit gaan nie oor vuilgoed wat die water van jou liggaam afwas nie. Dit gaan eerder oor dit wat binne-in jou gebeur. Dit gaan daaroor dat jy God opreg vra om alles weg te vat wat jou skuldig laat voel. Dit is moontlik omdat Jesus uit die graf opgestaan het en leef.” (Die Boodskap-vertaling)
  • Galasiërs 3:26-27: “Weet julle, toe julle gedoop is, het julle deel gekry aan Christus se redding. Julle doop was soos ’n stel splinternuwe klere. By julle doop het julle Christus aangetrek soos ’n mens ’n stel nuwe klere aantrek. Nou behoort julle heeltemal aan Hom.

Oudioboodskap: Vind die skakel hier onder.

Afslag: Gebruik gerus DEURBRAAK as koepon op my aanlynwinkel vir afslag sou jy dalk van die boeke wil aanskaf (skakel onderaan na winkel).

Lekker Donderdag!

Groete
Benescke