Tema vir die dag:  Maak vas, Maak los

Om ‘n deurbraak te kan beleef het ons nodig om eerlik na ons lewens te kyk. Wat is daar wat losgemaak moet word (bitterheid, ‘n gevoel van mislukking, depressie) en wat moet jy aan jou hart vasmaak (‘n baba uit God se hand, ‘n lewensmaat, ‘n werksgeleentheid). Kom ons wees doelbewus as ons met God gesels.

Teksverse vir die dag:

  • Matteus 18:18: “Wat julle ook al op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat julle ook al op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly. Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”

Oudioboodskap: Vind die skakel hier onder.

Terugvoer en getuienisse: Wat was jou ervaring van die reeks? En wat sal jy anders wou doen? Stuur asseblief vir my sommer op Whattsapp of jy kan epos na benescke2@gmail.com.

Webinaar: Ons derde en laaste webinaar saam is Sondagaand, 20:00-21:30. Ons gaan Nagmaal saam gebruik, so kom voorbereid.

Afslag: Gebruik gerus DEURBRAAK as koepon op my aanlynwinkel vir afslag sou jy dalk van die boeke wil aanskaf (skakel onderaan na winkel).

Lekker Vrydag!

Groete
Benescke